Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man in hof oor hond

’n Man sal weer môre (Woensdag) in die Riebeek-Wes hof verskyn op aanklag van dieremishandeling.

Die man van Riebeek-Kasteel is 18 Junie verlede jaar van dieremishandeling aangekla nadat sy bure hom by die Swartland-dierebe­skermings­vereniging verkla het. Hy word daarvan beskul­dig dat hy sy hond erg geslaan het.

Volgens die buurvrou het sy omstreeks middernag op 20 Mei op haar stoep gesit toe sy skreegeluide en ’n huilende hond langs­aan hoor. Dit het vir ’n rukkie aangehou en sy het besluit om die polisie te ontbied. Volgens ’n polisieman wat op die klag gereageer het, was die beskuldigde dronk en het gesê hy was besig om sy hond maniere te leer. Volgens die veeartsverslag, het die hond, wat intussen Rescue gedoop is, erge swelling aan die linkerkant van sy kop gehad, bloeding in sy linker­oog, ’n breuk in sy regter- agterbeen en bloeding in die mond as gevolg van los tande. Rescue het goed herstel en is intussen in die sorg van sy nuwe eienaars geplaas waar hy die nodige liefde en aandag ontvang.

Die voorval is een van drie sake van inspekteur Patrick Chiwawa wat môre in die hof draai.

Die ander twee sake het te doen met die weiering van veeartsenykundige sorg en uithongering van diere.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.