Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man se beste vriend op die strand

Die somer is op hande, wat beteken heelwat mense en hul troeteldiere gaan see toe.

Vir die meeste honde is dit absoluut hemel om op die strand te hardloop, in die branders te speel en balle uit die water te gaan haal.

Elke troeteldiereienaar moet egter verseker dat die uitstappie strand toe vir jou, jou hond en die ander mense op die strand so aangenaam as moontlik is.

“Troeteldiereienaars moet onthou dat enigiets by die see wat mense kan skade aandoen ook gevaarlik kan wees vir jou hond: sonbrand, seestrome, jellievisse, gebreekte glas, warm sand, skerp skulpe en aggressiewe honde. Beplan dus vooruit deur die volgende te doen,” sê dr. Rouxlene Sheridan van die Moorreesburg-dierekliniek/TAH-Moorreesburg. . Onthou dat strandreëls wette is en oortreding daarvan strafbaar is. Maak seker of honde toegelaat word op die strand waarheen jy gaan. Let ook op na die reëls van die betrokke strand waarheen jy gaan: Honde mag dalk nie op die duine toegelaat word nie, honde word net sekere tye van die dag op die strand toegelaat of dit word dalk vereis dat honde ten alle tye op ’n leiband moet wees. . Moet nooit hondjies wat nog nie ingeënt is, siek honde, aggressiewe honde of tewe wat op hitte is na die strand neem nie. . Jou hond moet ten alle tye ’n halsband met ’n identifikasieskyfie aanhê. Verkieslik moet hy/sy ook ’n mikroskyfie hê om te verseker dat jy ten alle tye met jou hond herenig sal word indien hy of sy dalk wegraak. . Moet nooit jou hond onder jou oog uitlaat nie. Selfs ’n baie goed opgeleide hond se aandag kan afgetrek word, wat hom of haar kan laat wegdwaal. Wees op die uitkyk vir situasies of plekke waarheen jou hond moontlik mag dwaal. . Vind vooraf uit waar die naaste veearts is en wat hul noodnommer is. Onthou ook om jou hond se veearts­boekie in te pak.. Beskerm jou hond se voetkussinkies. Die sand op die strand kan baie warm raak en ’n mens kom dit nie agter as jy self sandale aan het nie. Jy kan jou hond se voetkussinkies vooraf verhard deur gereeld “STA solution” daarop te spuit ’n paar weke voordat julle see toe gaan. Bly ook op die nat, koel sand en as jy in die son gaan lê en gee vir jou hond ’n handdoek om op te staan of lê. . Vind uit of jou hond daarvan hou om te swem. As dit die eerste keer is wat jou hond strand toe gaan, neem hom eers na ’n stil gebied met min mense en kalm water om te sien hoe hy reageer. Nie alle honde hou daarvan om te swem nie – sommiges hou net daarvan om in die vlak water of op die nat sand te speel. Selfs honde wat goeie swemmers is, kan deur ’n seestroom meegesleur word, so hou ten alle tye ’n ogie oor jou hond. Jy kan dit ook oorweeg om ’n lewensreddingsbaadjie vir jou hond te koop. . Verskaf skaduwee. Mense en honde moet af en toe uit die son kom. ’n Spelerige en energieke hond kan maklik sonsteek op die strand kry. Groot sambrele werk goed, maar as jy lank op die strand gaan wees, is ’n tent of afdakkie ’n beter oplossing. Wees veral versigtig met honde met plat bekke/neuse, bv. Engelse bulhonde, bostonterriër, bokser, mopshonde en pekinees, want hulle raak gouer warm as honde met lang bekke/neuse. Vermy ook die son in die warmste tye van die dag.. Moenie jou hond se sonblok vergeet nie. Jy mag dalk nie sonbrand met honde verbind nie, maar dit kan gebeur as jou hond baie tyd in die son deurbring.

Smeer dit aan jou hond se ore en neus en ook sy maag as hy daarvan hou om op sy rug te lê. Honde met pienk neuse en pienk vel, honde wat kort geskeer is en honde met ligte hare het meer beskerming teen die son nodig. . Pak genoeg water in aangesien honde maklik op die strand kan dehidreer. Dit is ook ’n slim plan om ’n opvoubare bak in jou strandsak te sit eerder as om ’n groot bak saam te dra of om te probeer om jou hond met die waterbottel water te gee. Genoeg koel, vars water is ook die beste manier om te keer dat jou hond te veel seewater drink – wat gevaarlik kan wees en diarree en naarheid kan veroorsaak.. Maak ’n plan met jou hond se ontlasting. Niemand wil in dit trap of dit uitgrawe terwyl hulle ’n sandkasteel bou nie. Neem verskeie plastieksakkies hiervoor saam as jy strand toe gaan. Weggooibare doekesakkies, veral die soort wat lekker ruik, werk ook goed. . Vermy versteekte gevare. Honde kan maklik hul pote op skerp voorwerpe onder die water sny. Vermy ook gebiede waar vissermanne is, want daar sal vishoeke en vislyn in die omtrek wees wat gevaar vir jou hond kan inhou, maar natuurlik onweerstaanbaar vir jou hond is. Hou jou hond mooi dop vir enige tekens van mankheid of stukkende plekke. . Onthou om die speelgoed in te pak. . Spuit jou hond goed af of bad hom lekker ná ’n strandsessie. Al die sand en sout kan jou hond se vel irriteer. As jou hond geneig is tot oorinfeksies, maak die ore en oorkanale goed droog nadat hy of sy geswem of gebad het en dink daaraan om iets soos ‘Swimmers Solution’ te kry wat help om die oortollige vog te verwyder en infeksies te voorkom. . Maak seker jou hond het voldoende beskerming teen vlooie en bosluise.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.