Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man sien sy vrou verdwyn

Die liggaam van ’n vrou (48) van Ashton is nog soek nadat sy verlede Woensdag in die Breederivier deur die stroom meegesleur is toe die bakkie waarop sy en 19 ander werkers gery het, omgeslaan het.

Sonja Mouries, haar man, Dirk, en ander werkers was op pad huis toe ná werk toe die bakkie omstreeks 17:05 van die laagwaterbrug af gery en omgeslaan het. Die water het glo sterk afgekom en oor die laagwaterbrug gevloei.

“Ons het 17:00 van die werk af gery. Die ongeluk het so 17:05 gebeur. Ons was 20 mense op die bakkie; dit was soos iets uit die movies. Dis ’n nagmerrie,” sê Dirk. “Die oggend toe ons by die huis uitgaan het ek nie gedink ek sal alleen terugkeer huis toe nie. Dit is net nog ’n dag wat ons gehad het,” het Dirk gesê.

Freek Jeneke, een van die oorlewendes, gesê. hulle het die oggend ook daar deurgery, maar toe was die stroom nie so sterk nie. “Die vroue het nog gesê die water maak skuim. Ons het die bestuurder aangesê om terug te draai, maar hy wou nie stop nie. Hy het net aangery. Ons het op die pad gery. Hy het links teen die stroom op gedraai. Net toe hy draai, het die bakkie se linkerwiel van die pad af gery en die bakkie het gesak en omgeslaan. Ek het die reling oopgemaak en uitgespring, en toe ek weer sien, was almal weg. Van hulle het onder die brug deurgegaan en aan die ander kant uitgekom. Ek het twee van die vroue gehelp,” vertel Jeneke verder.

Dirk het gesien hoe sy vrou stroomaf verdwyn. “Ek het gesien hoe my vrou in die stroom afgaan. Sy het haar arms uitgesteek vir hulp; haar kopdoek het afgeval. Ek kon niks doen nie, want ek kan nie swem nie,” het Dirk bewoë gesê. “Die ander mense was in die riete vasgevang; sy is aan die ander kant met die stroom af. Hulle is later gered.”

Sonja en Dirk het vyf kinders saam. “Ek slaap nie baie goed nie, want as ek wakker skrik is ek alleen,” sê hy.

Sonja is teen druktyd nog nie gekry nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.