Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man vas wat vroue aanval

Twee vroue is in Vrouedagweek in Greyton aangerand. Die jongste aanval op ’n vrou was op Vrouedag in Greyton.

AO David Beyers van die Genadendal-polisie het by navraag bevestig albei vroue is ernstig aangerand. “Die vrou wat Saterdag 3 Augustus aangeval is, was alleen in haar huis en is gewelddadig [deur ’n rower] aangerand. Sy is na die Caledon-hospitaal geneem en na Vergelegen oorgeplaas waar sy steeds in ’n koma is.”

Volgens AO Beyers was die tweede voorval Vrydagmiddag (9 Augustus) tussen 13:00 en 14:00 in Du Toitstraat.

“Die vrou was van die winkel af op pad terug na haar huis toe sy agtervolg en aangeval is.”

Beyers sê die polisie het Vrydag die hele gebied afgesper waarna ’n verdagte gevind en in hegtenis geneem is.

“Van die gesteelde items is by die man gevind. Ons het aanvanklik nie besef dieselfde man was ook by die eerste voorval betrokke nie.”

Die polisie het die man ná ondervraging aan albei voorvalle verbind.

“Die vrou wat Vrydag aangeval is, het baie bloed verloor en is na die Caledon-hospitaal geneem,” het AO Beyers gesê.

Die verdagte het gister (Maandag 12 Augustus) in die hof verskyn op aanklag van huisroof en poging tot moord vir die een voorval en is aangekla van roof met verswarende omstandighede vir die aanval op Vrouedag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.