Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Man wat hond vasketting, swaar gestraf

’n Man van Piketberg is verlede week in die plaaslike hof aan dieremishandeling skuldig bevind.

Johan Carolus is Dinsdag 2 Julie ’n boete van R4 000 of ses maande tronkstraf opgelê waarvan R3 000 en vier maande vir vier jaar opgeskort is.

Dit volg nadat inspekteur Stephanie Fortuin van die Swartland- en Weskus-dierebeskermingsvereniging (DBV) vroeër ’n klag van dieremishandeling teen Carolus ingedien het. Fortuin het in ’n inspeksie in Maart 2018 Carolus se hond, Tiger, aan ’n kort ketting gekry. Hy het ook ernstige vliegbytwonde aan die ore gehad. Carolus is gewaarsku en Fortuin het gereeld opvolgbesoeke gedoen. In hierdie tydperk het dit gelyk asof dit beter gaan.

Toe Fortuin egter nie meer gereelde inspeksies gedoen het nie, het Tiger se toestand verswak.

Die hond is uit Carolus se sorg verwyder en hy is aangekla.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.