Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mans genoop om pynlose prostaatkanker-bloedtoets te laat doen

Die Kankervereninging van Suid Afrika hou Junie en Julie ’n PSA-veldtog wat op mans se gesondheid fokus.

“Suid-Afrikaanse mans het ’n een-in-agt risiko om kanker in hul leeftyd te kry,” verduidelik Maryna Voges van Kansa in Onrusrivier.

Die soorte kanker wat die meeste mans in Suid-Afrika kry, is prostaatkanker, Kaposi-sarkoom (’n tipe velkanker), longkanker en kolorektalekanker.

“Die meeste mans weet prostaatkanker is een van die mees algemene kankers onder mans en het ’n leeftydrisiko van een in 27. Ons hoop om mans aan te moedig om nie net bewus te wees van die bekende kankergevare nie, maar ook om hulle op te voed oor ander kankergevare vir mans, soos long-, kolorektale, vel-, testikulêre, anale en peniskanker.”

Kansa moedig mans aan om ’n siftingstoets te ondergaan wat kan help om die risiko vir kanker te bepaal. Die Prostaat Spesifieke Antigeen- (PSA) toets is ’n bloedtoets wat aandui of enige abnormaliteite in die prostaatklier teenwoordig is. Pathcare doen die PSA-toets in Junie en Julie teen ’n spesiale tarief van R120, wat kontant aan die dokter betaal kan word.

Die plekke waar PSA-toetse gedoen word, is: Bredasdorp – dr. Bosch by 028 424 1161 en dr. Retief by 028 425 1132

• Lesers is welkom om die kankervereniging van Onrusrivier by 028 316 3678 te skakel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.