Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mans in hof oor moord

Drie mans het Maandagoggend (4 Februarie) in die Malmes­bury-hof op aanklag van moord verskyn.

Dit kom ná die dood van Dean Solomons wat Woensdag­aand (30 Januarie) in Gous­blom­straat in Wesbank ver­skeie kere met ’n mes gesteek is.

Volgens polisiewoordvoerder, sers. Henry du Rand, is die polisie omstreeks 20:20 deur lede van die gemeenskap na die toneel ontbied.

Met hul aankoms op die toneel was noodpersoneel reeds besig met die slagoffer. Hulle het die polisie meegedeel dat die slagoffer verskeie meswonde opgedoen het en dat sy toestand besig is om te verswak.

Ten spyte van noodpersoneel se pogings om Solomons aan die lewe te hou, is hy op die toneel dood. Die polisieonder­soek het gelei tot die inhegte­nis­neming van vier verdagtes. Een van die verdagtes is later vrygelaat omdat hy nie met die moord verbind kon word nie.

Die ander drie verdagtes, onderskeidelik 39, 35 en 23 jaar oud, het gisteroggend (Maandag) in die hof verskyn weens die moord. Teen druktyd was die uitslag van die hofverskyning nog nie bekend nie.

Die ondersoek duur voort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.