Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mans vas vir moord

Vier verdagtes het verlede week in die Wes-Kaapse hooggeregshof op die moord van ’n Metrorail-treinbestuur­der van Malmesbury verskyn.

Jathiem Hamid en Dorian Diedericks is gister in die Wes-Kaapse hooggeregshof skuldig bevind op aanklagte van roof met verswarende omstandighede en moord op Pieter Botha (46) asook die besit van ’n ongelisensieerde vuurwapen en patrone.

Die derde beskuldigde, ’n minderjarige, is vrygespreek terwyl die vierde beskul­dig­de, Cedric Andrews, net op aanklag van die besit van ’n ongelisensieerde vuur­wapen en patrone skuldig bevind is.

Hamid, Diedericks en die minderjarige is almal lede van die Young Dixie Boys-bende. Andrews is ’n vriend van die minderjarige.

Botha is helderoordag 11 Julie 2016 by die Netreg-stasie naby Bonteheuwel in Kaapstad beroof en vermoor terwyl hy op die perron gestaan en wag het vir ’n trein terug huis toe. Botha is in die maag en been geskiet en het op die toneel aan sy wonde beswyk.

Regter Mark Sher het bevind Hamid en Diedericks het Botha op die stasie genader. Hulle het hom van sy twee sakke – ’n rugsak en ’n bruin skouersak met kos, selfone en sy beursie daarin, beroof. Daarna het Hamid vir Botha met ’n vuurwapen geskiet en die beskuldigdes het met sy besittings van die toneel gevlug. Die vuurwapen is onder Andrews se bed weggesteek.

Al vier beskuldig­des het getuig dat hulle nie op die dag van die moord op die stasie was nie. Hamid het getuig hy was saam met sy ma en Diedericks het getuig hy het by ’n winkel videospeletjies gespeel.

Dit is teenstrydig met minstens twee ooggetuies, insluitend Diedericks se jonger broer, wat hulle op die stasie gesien het.

Sher het in sy uitspraak die beskul­digdes se weergawes verwerp. Hy het gesê hulle was “swak getuies” met teenstrydige en ongeloofwaardige getuienis. Hy het Hamid, Diedericks en Andrews se getuienis opgesom en in geheel verwerp.

Hamid het in sy getuienis die staatsaanklaer daarvan beskuldig dat sy tik gerook het. Dit was nadat hy oor tik uitgevra is. Sher het gesê dié aanmerking “wys op sy arrogansie”.

Die hof het bevind Diedericks se getuienis kan nie bo redelike twyfel waar wees nie. Vonnisverrigtinge begin 19 Junie.

Botha word oorleef deur sy vrou Tania Botha en twee kinders.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.