Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Mark ná 21 jaar steeds gewild

Soetkoekies, sousboontjies, biltong, varswaterpêrels, fudge, ingelegde kwepers, pragtige artikels van lap, kerse en speelgoed vir kinders is maar net ’n paar van die produkte wat weer dié jaar by die 21ste Caledon-Kersmark beskikbaar was.

Uiteraard verg só ’n mark geweldige organisasie en harde werk. Gazette het met Lizette Kok gesels en meer oor die mark uitgevind. Lizette is verantwoordelik vir alle bemar­king.

“Die Kersmark is 21 jaar gelede deur die vrouebediening van die Moedergemeente van die Caledon NG kerk begin, hoofsaaklik as ’n ekstra bron van inkomste vir die kerk en om sekere projekte te finansier,” verduidelik Lizette.

Keuring van produkte is baie streng.

“Om goeie gehalte te verseker, word ’n keuringsdag vir voornemende uitstallers al vroeg in die jaar in Somerset-Wes gehou. Uitstallers kom van oor die land – selfs so ver soos Johannesburg. Hierdie jaar was daar 86 uitstallers, waarvan drie al van die heel eerste Kersmark betrokke is.”

Die komitee van vyf formidabele vroue, Chrisna Delport, Lizette Kok, Doreen Smal, Heleen Fourie en Elanza du Toit, wat aan die stuur van sake staan, word bygestaan deur vrywilligers wat daagliks diens doen. Hierdie jaar was daar 60 vrywilligers betrokke wat gehelp het dat sake vlot verloop.

Die Kersmark, wat elke jaar om en by dieselfde tyd van die einde van Oktober tot vroeg in November gehou word, is werklik ’n heerlike geleentheid om in ’n gesellige atmosfeer inkopies te doen asook om lekker te kuier oor ’n koppie tee of koffie. Die kos en soetgoed wat daagliks deur Doreen Smal en haar span voorberei word, is van hoogstaande gehalte en baie lekker.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.