Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Meer as 20 000 registreer

Op 10 Junie is die #notparkrunday-inisiatief wêreldwyd van stapel gestuur.

Hiervolgens kan parkrunners op enige dag van die week vyf kilometer draf of stap en daarna hul tyd aanlyn registreer. Dié tye maak nie deel uit van die amptelike tye wat tydens die gereëlde Saterdag-byeenkomste geregistreer word nie, maar help wel om ’n platform te skep waarop parkrunners in 22 deelnemende lande “tot tyd en wyl” virtueel kan hande vat.

Op 22 Junie het parkrun in Suid-Afrika bevestig dat daar binne die eerste week reeds 20 000 parkrunners deelgeneem en hul tye geregistreer het.

Vyf Bredasdorpers het ook tussen Maandag 15 Junie – toe dié inisiatief begin het – tot en met 27 Junie vir verskeie parkruns geregistreer.

Nie net is parkrun Suid-Afrika tydens die grendeltyd gesluit nie, maar wêreldwyd kon fiksheids­geesdriftiges ook nie aan ’n parkrun deelneem nie.

#notparkrunday is soortgelyk soos inisiatiewe soos die virtuele Comrades-marathon wat onlangs gehou is.

Volgens ’n organiseerder van parkrun wil dit voorkom asof baie deelnemende lande stadig maar seker besig is om hulle inperkings te verslap wat beteken dat dié gewilde byeenkoms weer sal begin posvat. “Die feit dat daar in die meeste lande veel meer as die toelaatbare getal deelnemers op ’n gegewe tydstip deelneem, bemoeilik egter sake.”

Volgens die organiseerder word daar volstaan met die besluit om geen amptelike parkrun-aktiwiteite te hervat alvorens organiseerders in al die lande nie ooreenstem oor die maatreëls nie. “Die veiligheid van deelnemers is en bly die topprioriteit van organiseerders in hierdie stadium,” het die organiseerder gesê.

Tydens die laaste byeenkoms van Bredasdorp se parkrun op 14 Maart het een gelukkige deelnemer ’n mylpaal bereik voor die staat van inperking op 20 Maart aangekondig is. Ingeborg Lempertz het op hierdie dag haar 50ste parkrun voltooi. Sy het nie net ’n sertifikaat ontvang nie, maar kon ook met die rooi vlag spog.

Arne Leuvennink, wat ook gereeld deelneem, vertel Ingeborg, wat in die 75 tot 79 ouderdomsgroep deelneem, is die 24 ste Bredasdorper wat 50 Parkruns voltooi het. Arne is tans die voorloper met 97 Parkruns op sy kerfstok.

Harry Kruger is Bredasdorp-parkrun se gereelde agterloper en was ook die heel laaste persoon wat Saterdag 14 Maart dié parkrun voltooi het.

Dié agterloper, vertel Arne, vervul ’n baie belangrike doel tydens dié geleenthede. “Hy is die een wat seker maak dat die deelnemers nie van die roete afwyk nie en toesien dat die laaste deelnemer inklok. Verder is hy ook in beheer van die deelnemers se veiligheid.”

Harry is die oudvoorsitter van die Bredasdorp-atletiekklub en was op sy tyd ook ’n kranige Comrades-atleet. Gesondheids­probleme het hom genoodsaak om uit te tree en tot op 14 Maart het hy reeds 67 parkruns voltooi.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.