Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Milan ’n sonstraaltjie vir menige

“Hy is my sonstraaltjie en my soldaat­jie,” vertel Michelle Dale oor haar seun Milan.

Prader-Willi-sindroom (PWS) is verlede jaar by Milan gediagnoseer. Milan (nou 26 maande) was net 11 maande oud toe dié sindroom op 10 Januarie by hom gediagnoseer is.

“Die Here het hom gestuur met ’n doel. Dít was die eerste gedagte wat deur my kop gegaan het toe die dokter dié nuus met ons meegedeel het,” verduidelik Michelle.

Die Prader-Willi Syndrome Support (South Africa) verduidelik op sy webtuis­te dat die sindroom ’n oorsaak is van ’n genetiese abnormaliteit waarin daar ’n gedeelte van die inligting van die vader­like chromosoom 15 verlore is. Dié sindroom beïnvloed elke aspek van die individu se lewe, maar is meer bekend vir die feit dat die individue obsessief raak oor kos. ’n Groot rede hiervoor, vertel Michelle, is dat die boodskap dat hulle vol is nooit oorgedra word aan hulle brein nie en dus voel hulle konstant honger. Ander effekte van die sindroom sluit ook in swak spiere en probleme met hand-oog-koördinasie, leerprobleme, ge­drags­probleme, emosionele onstabiliteit, en nog meer. Op die webtuiste word daar klem gelê daarop dat elke individu met PWS anders beïnvloed word deur die sindroom en dat almal nie noodwendig al die kenmerke van die sindroom sal toon nie. “Dis ’n baie groot aanpassing,” vertel Michelle. Hulle moes as familie saamwerk en gesonde eetgewoontes aanleer en ook begin oefen. Sy vertel meer oor die aanpas­sings wat gemaak moes word. “Hy kry spraak- en arbeidsterapie, hy doen spesiale oefeninge vir sy ruggie (infan­tiele skoliose is ook by hom gediag­noseer). Hy het drie weke gelede begin swem en het ook ’n spesiale dieet wat hy moet volg. Met die Here se genade en hierdie groot span wat ons het, is hy versorg.

“Ek wil hê hy moet ’n gesonde en gelukkige vol lewe hê. Vir my gaan dit ook oor aanvaarding en om te leer. As mense meer weet, sal hulle nie so gou wees om onsensitiewe kommentaar te lewer nie, veral oor gewig. Hulle eet min maar sit baie vinnig gewig aan,” verduidelik Michelle.

“Dit is beslis veeleisend, maar met al hierdie ongelooflike ondersteuning en mense in ons lewe besef ek die Here seën ons elke dag. Milan is ’n sonstraaltjie, so slim en ’n sagte mens.”

Vir nog inligting oor PWS besoek www.praderwilli.org.za. Indien enig­ie­mand betrokke wil raak by gemeenskap­swerk en bewusmaking van soortgelyke kwessies, skakel Swartland Rotaract Club per e-pos by swartland.rotaract@gmail.com of volg hulle op sosiale media vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.