Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Misdaadbrokkies
  • Malmesbury:

’n 47-Jarige man is Woensdag 20 Januarie om 13:30 in Arendstraat in hegtenis geneem weens die handel in dwelms. Dít tydens ’n polisieoperasie om dwelmverwante misdade in die gebied aan te spreek.

Volgens ’n Malmesbury-polisiewoord-voerder, kapt. Marko Heydenrych, is lede na dié adres met ’n lasbrief om die huis te deursoek. Altesaam 40 klein plastieksakkies met Crystal Meth is in sy besit gevind. Die verdagte het Donderdag 21 Januarie op bogenoemde aanklag in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

In nog ’n voorval was lede besig met roetinepatrollie in Silvertown, Chatsworth toe hulle ’n 24-jarige man opmerk wat senuweeagtig voorgekom het toe hy die polisievoertuig in sy rigting sien ry het.

Die lede het by hom stilgehou en hom deursoek waar hulle 1162 g dagga en 0,32 g Crystal Meth op hom gevind het. Hy is ook weens die handel in dwelms aangekla en het ook Donderdag in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

  • Kol. Mzwandile Benjamin Gqabi, stasiebevelvoerder, het sy dank aan die gemeenskap en lede uitgespreek wat saam werk om misdaad hok te slaan. Moorreesburg:

Polisiebeamptes op patrollie in Duikerstraat het Woensdag omstreeks 04:00 gedurende die aandklokreël ’n man langs die straat sien stap en voorgekeer. Die man het aan beamptes vertel dat hy waspoeier vir sy suster gaan kry het. Sers. Nicolette Visagie, polisiewoordvoerder, het gesê toe die man die papier waarin die waspoeier glo toegedraai was aan die lede wou wys, het twee bankies tik op die grond geval.

Ná verdere ondersoek is 12 half en drie heel Mandrax-tablette en nog ses bankies tik ter waarde van R540 op hom gekry. Die 59-jarige verdagte is weens die handel in dwelms in hegtenis geneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.