Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Moeitelose kos vir besige dae

Met temperature wat weer aan die klim is en die einde van die jaar wat in pylvak lê, is die laaste ding op jou moet-doen-lysie om kos te maak. Gazette wil hierdie week ’n paar moeitelose resepte deel wat nie die baie geld uit jou sak gaan haal nie en jou met oorgenoeg tyd gaan laat om te fokus op die dinge wat regtig saakmaak.

HOENDER-KOLWYNTJIES

VULSEL:

4 Hoenderporsies

Hoender speserye

Gemengde groente

Water

METODE:

Plaas hoender, speserye en water in drukkoker en laat dit vir so 30 minute kook tot sag.

Ontbeen en kap in fyner porsies

Gooi gemengde groente by en laat dit sag braai saam die hoender.

KOLWYNTJIE-MENGSEL

250 ml melk

100 ml olie

2 eiers

250 ml bruismeel

5 ml Aromat

2 ml sout

METODE:

Meng bogenoemde bestanddele tot gladde deeg. Smeer kolwyntjie pannetjies en skep deeg in pan tot so net onder half dan hoendermengsel . Bak vir 15-20minute in oond van 180 °C.

Toets voor jy dit uithaal.

MAKLIK EN GEURIGE SPAGHETTI BOLOGNAISE

BESTANDDELE:

Olyfolie

500 gram maalvleis

1 blikkie tamatie puree

1 blikkie tamatie- en uiesmoor (basiliekruid en origanum-geur)

1 ui

1 groenrissie

gerasperde cheddarkaas

Suiker

Rooiwynasyn

Rooiwyn

METODE:

Braai die ui in ’n bietjie olyfolie tot goudbruin. Voeg groenrissie by en braai.

Voeg rou maalvleis by en braai tot bruin.

Voeg tamatiepuree, tamatie- en uiesmoor, suiker (na smaak), rooiwynasyn (na smaak) en rooiwyn (na smaak) by en laat prut vir 20 minute.

Skep maalvleis oor gaar spaghetti en bedien met blatjang en kaas.

MAKLIKE GROENTEKOEKIES

BESTANDDELE

6-8 Murgpampoentjies

4-6 Wortels

1 ui fyn in blokkies gesny

olie vir braai

¾ koppie meel

1 eier

knippie bakpoeier

Sout en peper na smaak

METODE

Sny murgpampoentjies in ringe (nie te dun of dik) en kook tot sag maar steeds ferm.

Sny wortels in dunnerige ringe en kook tot net sag.

Jy kan ook alles rasper as jy wil

Braai uie liggies in bietjie olie. Laat bogenoemdes goed afkoel.

Gooi bakpoeier by meel en meng liggies by groentes.

Voeg 1 goed geklitste eier by. Meng weer liggies.

Skep lepelsvol in pan met bietjie olie – braai op medium hitte en draai aanmekaar om dat die koekies net ’n ligbruin kleur is.

Bykomend: Sprinkel Aromat liggies op gaar koekies en bedien

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.