Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Montagu groet bevelvoerder

Die personeel van die Montagu-poli­sie­kantoor het Dinsdag, 29 September op ’n luisterryke wyse afskeid van sy bevelvoerder, luitenant-kolonel Lifa Tumani, geneem wat ná ’n loopbaan van 26 jaar in die Suid-Afrikaanse Polisiediens, halt geroep het.

Tumani, wat onlangs sy ma aan die dood afgestaan het, se redes is persoonlik van aard.

Daar was talle gaste wat die spoggeleentheid bygewoon het. Verskeie gesiene polisiebeamptes van omliggende dorpe en streke wat oor die afgelope bykans drie dekades saam met hom gewerk het, het die feesvieringe en die verrigtinge bygewoon.

Tumani wat op 1 Augustus verlede jaar tot luitenant-kolonel bevorder en toe as die stasiebevelvoerder van Montagu-polisiekantoor aangestel is, was voor sy verplasing na Montagu, ook die bevelvoerder van Frankfort-polisiekantoor waar hy die rang van kaptein beklee het.

Tumani, wat uit die polisie bedank het, keer nou terug na sy tuisdorp Alice in die Oos-Kaap en beoog om aanstaande jaar voltyds LLB te gaan studeer.

Kollegas en vriende het sy weggaan met gemengde gevoelens ervaar. Hulle was bly vir sy onthalwe omdat hy weer met sy familie herenig gaan word, maar ook hartseer om ’n goeie gemeenskapsleier, bevelvoerder en vriend te verloor.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.