Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Montagu kry eerste drieling

Een, twee drie.

Dít is hoe die Pekeur-drieling Vrydag 7 Junie gebore is – vinnig en maklik.

Die Pekeur-drieling is ook, so ver bekend, die eerste drieling wat in die Montagu-hospitaal gebore is en die personeel is baie trots daarop.

Hul ma, Fredeline Pekeur, was veronderstel om op 36 weke by die Tygerberg-hospitaal aan haar drieling geboorte te skenk, maar die drietjies het besluit hulle kom vroeër as verwag.

Suster Gwen du Toit, die verpleeg­dienste­bestuurder by die Montagu-hospitaal, sê sy het die dag voor hul geboorte ’n afspraak by die Tygerberg-hospitaal gemaak. “Fredeline het die Donderdag ’n draai kom maak en ons het die afspraak gemaak – min wetend dat hulle die volgende dag sou kom.”

Sr. Maronese Fielies, wat die bevalling hanteer het, sê Fredeline het skuins voor 16:00 ingekom. “Sy was reeds vol ontsluit. Sy moes in die Tygerberg-hospitaal gaan kraam het omdat sy ’n hoërisikogeval was. Ons moes egter vinnig plan maak.

“Ek het die eerste baba omstreeks 16:05 gevang. Hy het 1.8 kg geweeg. Toe kom die dokter en ek het haar aan hom oorgegee. Die tweede baba is 16:14 gebore. Hy het 1 kg geweeg en was die kleinste van die drie. Ons het hom eers suurstof gegee, waarna die meisietjie 16:22 haar verskyning gemaak het. Sy was ’n brugbaba, maar ook die swaarste van die drie – 1,9 kg. Ek was eers bang om die babas te vang, maar ek moes net inspring,” vertel sy verder.

Fredeline sê die geboorte was nie moeilik nie. “Ek was van die begin af baie opgewonde. Ek was eers geskok toe ek uitvind dat dit ’n drieling is, maar later het ek baie opgewonde geword.”

Fredeline sê dit is moeilik om by alles uit te kom omdat haar man die enigste broodwinner is. “My man werk op die plaas, so dit gaan maar bietjie skrams, maar ons gaan vir hulle alles gee wat ons kan. En as enigiemand ons kan help, sal ons baie dankbaar wees.”

Enigeen wat ’n bydrae vir die Pekeur-drieling wil lewer, kan Fredeline by 063 206 2277 of 065 640 5518 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.