Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Moorde in die omgewing laat die wenkbroue lig

Drie mense is die afgelope naweek in Malmesbury vermoor.

Die Malmesbury-polisie ondersoek die moorde van twee mans en ’n vrou wat in afsonderlike voorvalle gesterf het.

Volgens ’n Malmesbury-polisiewoordvoerder, sers. Henry du Rand, is die polisie Vrydagoggend na die eerste moordtoneel ontbied waar ’n 27-jarige vrou dood in haar woning in Fase 4 Ilingelethu aangetref is.

Ooggetuies het aan polisiebe­amptes vertel dat daar glo ’n woordewisseling tussen die oorledene, Belelwa Qanya, en haar mansvriend (29) was. Sy is verskeie kere met ’n mes gesteek en het op die toneel aan haar wonde beswyk. Die verdagte is in hegtenis geneem en sou gister (Maandag) in die Malmesbury-landdroshof verskyn.

Vroeg Sondagoggend is ’n 29-jarige man in Valkstraat Wesbank dood aangetref. Die oorledene se familie het aan polisie vertel dat hy en sy broer in ’n woordewisseling betrok­ke was nadat hulle glo saamgekuier het, toe die verdagte na bewering sy broer met ’n mes in die nek gesteek het. Die oorledene en verdagte se naam is aan Gazette bekend, maar dit word weerhou omdat die verdagte na verwagting eers gister (Maandag) in die Malmesbury-landdroshof sou verskyn.

In nog ’n voorval Sondag is Atlantis-polisie deur Wesfleur-hospitaal gekontak in verband met ’n manspersoon, Vuyani Mapuma, wat deur familie na die hospitaal gebring is met skietwonde. Mapuma is kort daarna dood.

By nadere ondersoek is bevind dat Mapuma van Silvertown Chatsworth is en na bewering deur onbekende mans by sy woning geskiet is.

“Volgens ooggetuies het twee mans die woning van [Mapume] genader en toe hy sy woning se deur oopmaak, is hy verskeie kere met ’n vuurwapen geskiet,” het Du Rand gesê.

Volgens Du Rand blyk dit dat Mapuma die afgelope ruk probeer het om ’n buurtwag in die Silvertown-gebied tot stand te bring, maar het teenkanting van die gemeenskap ontvang.

Nog niemand is weens sy skietdood in hegtenis geneem nie.

Enigiemand met inligting wat kan lei tot die inhegtenisneming van die verdagtes kan die speurhoof lt.kol. Ntsethe by 082 469 0975 bel of hom by sy kantoor by Malmesbury-polisie besoek.

Alle inligting sal vertroulik hanteer word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.