Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Moordenaar sit lank

Andries Faroa (33) is verlede maand skuldig bevind en gevonnis weens die moord in November 2018 op ’n bejaarde vrou van Koringberg.

Swartland Gazette het vroeër berig Joanna Carstens (78), wat in Wilgerstraat gewoon het, is op 16 November deur haar seun, Rian, in haar kombuis in ’n plas bloed gevind (“Skok na bejaarde wreed aangeval is”, 20 November 2018).

Rian het onmiddellik die polisie en noodhulp ontbied. Carstens, wat nog gelewe het, is na die Radie Kotze-hospitaal in Piketberg geneem waar dokters haar breindood verklaar het.

Sy is die Saterdagoggend dood weens die ernstige kopbeserings wat sy opgedoen het.

Twee verdagtes, onder andere Faroa, is kort ná die moord in hegtenis geneem. Die ander verdagte is later vrygelaat omdat hy nie posi­tief met die moord verbind kon word nie.

Faroa het ’n pleitooreen­koms met die staat bereik en is 12 Desember in die Wes-Kaapse hooggeregshof tot 25 jaar tronk­straf vir moord en 15 jaar tronkstraf vir roof gevonnis.

Die Milnerton-klusterbevelvoerder genl. Aneeqah Jordaan en Moorrees­burg-stasiebevelvoerder, lt.kol Bertus Conradie, het die ondersoekbeampte, speursersant Daneil Mentoor, geloof vir die span se goeie speurwerk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.