Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Munisipaliteit mors die meeste water

Wat ’n grap? Terwyl waterver­bruikers versoek word om lekkende krane te herstel, is die munisipaliteit die grootste vermorser van water.

Die spreiers op die rolbalbaan was 10 Desember 17:45 aan. Op 11 Desember 06:35 was die spreiers op die regterkant nog steeds aan met damme wat orals gevorm het. Die linkerkantse spreiers was af.

Hierdie is die mees onlangse geval, maar dit gebeur dikwels.

Waarom word alle munisipale eiendom nie toegerus met meters wat gereeld gelees word om sodoende te bepaal watter afdelings skuldig is aan die onoordeelkundige “mors” van water nie.

Nee wat, verhoog net die watertariewe en straf die inwoners wat hul tuine in stand wil hou.

Die probleem is dat hier nie iemand soos ’n dorpsbestuurder is wat hands on is om probleme aan te spreek nie. Hierdie persoon kan ook kontroleer dat personeel streng by werksure hou wat tans nie gebeur nie. Die aanstel van só ’n persoon word egter al jare lank heftig deur die munisipale bestuurder en die speaker teengestaan terwyl dit op talle dorpe met groot sukses toegepas word. Magsbehep?

Minister Sizulu wil blykbaar watervoorsiening van munisipaliteite aanspreek – sy kan by Langeberg-munisipaliteit begin.

F.J. Joubert,
Bonnievale
MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.