Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n Boom vir Gert geplant

Die Montagu-tuinbouklub het Dinsdag 4 Februarie sy eerste byeenkoms vir die jaar by Jouberthuis in Langstraat Montagu gehou.

Dieselfde tyd verlede jaar was die tuinbouklub die gaste van Gert Lubbe by die pragtige art deco-styl Montagu Country Hotel.

Terwyl Gert die gaste deur die hotel se tuin geneem het, het hy gesê: “As jy ’n boom plant, het jy ’n ekstra kamer by jou huis”.

Gert was ’n lojale ondersteuner van die Montagu-museum asook vele ander organisasies. Montagu-tuinbouklub het besluit om ter nagedagtenis aan Gert, wat einde verlede jaar oorlede is, ’n boom in die kruietuin by Joubert-huis te plant.

’n Gedenkplaat met Gert se woorde daarop, is aan die Montagu-museum oorhandig en het nou ’n ereplek in die kruietuin. PJ Basson en Ria Viersen, vriende van Gert, het die boom geplant.

Die oggend is afgesluit met ’n lesing oor die gifbolplant deur Anneline Mohammedt waarna heerlike melktert en tee aan die 35 gaste bedien is.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.