Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n Eerste vir hierdie ouma

Waar leerders en onderwysers steeds nie mag terugkeer skool toe nie, het die virtuele klaskamer, meer as ’n maand nadat Covid-19 vir die eerste keer aan die deur kom klop het, vir baie leerders, hul ouers én onderwysers ’n werklikheid geword.

Een van hierdie platforms is die virtuele “Google Classroom”.

“Google Classroom” word omskryf as ’n gratis virtuele klaskamerplatform wat dit vir leerders en onderwysers moontlik maak om binne, sowel as buite die klaskamer, met mekaar te kan kommunikeer. Langs hierdie weg kan opdragte, antwoordstelle, kommentaar, vrae en antwoorde papierloos oor en weer in die kuberruim deurgegee word. Die geskikte speelterrein in ’n omgewing waar leerders – soos nou – nie fisiek kan skoolgaan nie, maar tog aan die gang gehou moet word. Dit is egter ook ’n feit dat rekenaars, slimfone of tablette en ’n internetverbinding ’n voorvereiste is om op dié platform rond te beweeg.

Terwyl die oningeligtes met die intrapslag aanvanklik vreemd en onseker in hierdie virtuele omgewing voel, blyk dit nie die ervaring te wees van die leerders wat al ’n voorsmakie daarvan gehad het nie. Wanneer die virtuele klaskamer op die skoolterrein met ’n juffrou en klasmaats byderhand egter die bekende skool- en klaskamer­omgewing begin vervang, ervaar leerders dit egter ook heeltemal anders.

Die voorheen “bekende virtuele ruimte” word nou omskep in iets wat minder bekend en ook minder gebruikersvriendelik is – iets wat ook heelwat aanpassings en kopskuiwe van almal vereis. Die tydsfaktor begin nou ook ’n rol speel, want “tuiswerk” moet betyds ingestuur word.

Dit is egter nie net die leerders wat moet aanpas nie. In die virtuele klaskamer het die onderwyser ook sy of haar eie ruimte waarop inligting en opdragte aan leerders deurgegee word en hulle moet net so hard agter die skerms werk en navorsing doen om inligting op die platform te kry.

Vir onderwysers wat nie so tuis is in die virtuele omgewing nie, wag daar ook heelwat aanpassings.

Hierdie werkswyse bring egter ook eiesoortige spanning na die huiswerk­tafel – nie alleen vir die leerder nie, maar ook vir die persoon of persone wat met skoolwerk moet help. Die hoeveelheid “skermtyd” eis gaandeweg sy tol en wanneer hierdie tegnologiese hulpmiddel homself boonop ook soos ’n steeks donkie begin gedra, begin die senuwees knaag en die humeure opvlam . . .

Indien alle betrokkenes en alle rolspelers egter die “Google Classroom” en sy virtuele werkswyse as ’n opwindende nuwe uitdaging gaan benader – een waaruit ’n mens baie kan leer en wys word – dan is ons op die regte spoor. Dan word virtuele leer en studeer ook “lekker” – soms veel lekkerder as in die klas. Veral wanneer die onderwysers ook so nou en dan sorg vir ’n lekker virtuele pretakti­witeit of twee wat “die hele klas” saam kan doen.

Met voorspooksels oor “nog ’n maand of twee, drie van afsondering” wat sedertdien ’n werklikheid geword het, mag hierdie virtuele aanlyn metode van leer en studeer dalk een van die dae die norm word.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.