Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
’n Positiewe gesindheid kan jou weer passie in lewe gee

Dink net vir ’n oomblik aan watter onregte jy al aangedoen is en hoe jy daaroor voel.

Jy is dalk woedend, teleurgesteld en waarskynlik diep seergemaak. Dalk hou hierdie onreg en seer jou in ’n verbitterde gevangeskap en laat jou minderwaardig voel. Jy kan dalk nie vreugde in jou lewe ervaar nie, want jy is bitter oor wat aan jou of jou geliefdes gedoen is.

Dit kan so klein wees soos ’n nega­tiewe woord wat iemand jare gelede vir jou gesê het en vandag het dit vir jou verbitterd gemaak. Ek het ook vir jare ’n minderwaardigheids­kompleks of lae selfbeeld gehad. Ek het soos ’n gevangene geword, want alles in my lewe was rigtingloos. Ek het gevoel asof ek nie kon aangaan met my lewe nie, want hoe kan ek rigting kry as ek nie weet wie ek regtig is nie? My verbitterdheid en haat het my ’n valse identiteit gegee en om jare myself voor te gee as iemand wat ek nie is nie, is ongesond. Dit kan jou van jou drome en passie weghou en jou hele toekoms belemmer. Ek het myself gehelp om my gesindheid te verander en toege­laat dat mense wat my wou help in my lewe instap. My positiewe gesind­heid het my gehelp tot waar ek vandag in my lewe is. Dis omdat ek ontdek het wie ek is dat ek myself en ander kon liefkry – dit skep reeds ’n goeie selfbeeld. As ons besluit om op die positiewe te fokus en op alles wat nog moontlik is, sal ons vorentoe beweeg en floreer. Kom ons probeer om positiewe dinge, maak nie saak hoe klein nie, te doen. Waar jy jouself ook al vandag bevind, weet dat jy baie spesiaal, uniek en waardevol vir jou­self en vir ander is. Daar is niemand soos jy nie. Probeer om jouself te help deur op te staan en weet jy is sterker as wat jy ooit kon dink. ’n Positiewe gesindheid is baie belangrik. Wees positief, staan op en word uit jou omstandighede bevry. . Nicolette Smith is ’n gemeenskaps­werker en motiveringspreker. Vir nog inligting besoek die Facebookblad, Project Identity Youth Development, of stuur ’n e-pos na nicolettes450@gmail.com.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.