Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Naelbytstryd op krieketveld sorg vir opwindende dag

Saterdag het Caledon-krieket­klub vir Bredasdorp in Helder­stroom verwelkom in die uit­speelrondes van die Overberg se eerste ligakompetisie van 50 boulbeurte.

Met net vier spanne wat gekwalifiseer het vir die uit­speel­wedstryde is Caledon teen Bredasdorp geloot.

Die kaptein, Lenotre Sauls, het die loot gewen en vir Bredas­dorp gevra om eerste veldwerk te doen. Caledon se aanvangs­kolwer het die afge­lope wed­stry­de meer as 60 lopies per wedstryd aangeteken en dus het die kaptein geweet wat hul sterkpunte is. Die manne van Bredasdorp het egter ander planne gehad. Die val van die eerste paaltjie was vroeg in die vyfde beurt toe die kaptein uitgevang is vir slegs 13 lopies. Sy aanvangsvennoot, Kerwonne Williams, het ’n pragbeurt van 52 lopies aangeteken. Ná die eerste paaltjie was Caledon onder druk met paaltjies wat op ’n gereelde basis gekantel het. Die enigste ander weerstand teen die boulaanval van Bredasdorp was dié van Robin Hess (26) en Brynmore Benjamin (21). Dié twee het hul bes gedoen om die hele 50 beurte te kolf. Bredasdorp se Virgel Davids 3-17 en Leighton Dennis 3-25 was goed onder­steun deur Cameron Engel­brecht 2-35 en Theo Baatjies 1-35. Dié manne het die kolwers van Caledon behoorlik in toom gehou met Caledon wat net ’n beskeie 149 kon aanteken in 47 boulbeurte.

Caledon het na middagete aan die werk gespring om sy telling te verdedig. Dit is bereik deur goeie boulwerk van Kiano Valentine (3-19) en Jeandre Lewis (2-21) met Bredasdorp op 80/5 ná 30 beurte. Die wedstryd was baie gelykop. Met net agt beurte oor, met Bredasdorp op 102 vir agt, het dit gelyk asof Caledon op pad was na ’n sege, maar vier verbroude kanse het die Caledonners se wen in die wiele gery.

Randy Davids het sy bes gedoen (3-33) om die wa deur die drif te trek, maar kon nie slaag nie. Vir Bredasdorp het Marco Simons (36), Keithin Anderson (23) en die held van die dag, Timmy Wyngaard (19*) gesorg dat Bredasdorp met twee paaltjies wen.

Caledon is nog nie klaar met die ligakompetisie nie. Die span speel volgende Saterdag teen Swellendam.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.