Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nag ’n reusesukses

Vanjaar se Kansa Relay for Life in Stellenbosch was ’n reusesukses en het R146 500 ingesamel.

Dié geld word onder meer aangewend vir toerusting vir kankerlyers en pasiënte, opvoeding en kankernavor­sing.

Die negende jaarlikse Kansa Relay for Life Stellenbosch het Saterdag 3 November by die Idasvallei-sportterrein plaasgevind.

Vanjaar se tema was “together we can” en dit was ’n regte gemeenskapspoging met 38 spanne wat deelgeneem het. Die aflos is ’n deurnag­staptog omdat kanker nooit slaap nie.

“Voor die aflos het meer as 80 kankeroorlewendes ’n onthaal in Hoërskool Lückhoff se saal bygewoon. Elke jaar met die aflos wil ons net ons waardering vir die kanker-oorlewendes gee. Ons wil vir hulle sê ons dink aan hulle, ons ondersteun hulle en ons wil hul lewe vier en vir hulle hoop vir die toekoms gee,” sê Linda Martin, een van Kansa se vrywilligers.

. Maureen Kennedy, die voorsitter van die aflos, wil graag die volgende mense bedank wat gehelp het om vanjaar se geleentheid ’n sukses te maak.

Hulle is: Die kankeroor­lewendes, die komitee en die logistieke span, Faghrie Patel wat heelnag sy dienste gratis gelewer het, Nathalie Appollis en André Gabriels en span sowel as die gemeenskap van Stellenbosch vir hul ondersteuning en toewyding in die stryd teen kanker.

Die organiseerders is reeds opgewonde oor volgende jaar se aflos wat die tiende een gaan wees.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.