Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nampo ’n reusesukses

Daar was vanjaar 3 000 méér besoekers by die Nasionale Mielieprodusenteorganisasie (Nampo) se landbou-ekspo in Bredasdorp.

Henk Aggenbach, voorsitter van die reëlingskomitee van Nampo Kaap en Bredasdorp Park NPC, het die tweede ekspo, wat van 4 tot 6 September op Bredasdorp Park aangebied is, as “ ’n reusesukses” beskryf.

“Wat meer is,” het hy bygevoeg, “is dat ons reeds uitsien na ’n baie groot Nampo 2020.”

Vandat die hekke Woensdagoggend 4 September oopgemaak het, tot en met Vrydagmiddag 6 September, het 21 000 voete deur die hekke beweeg.

Daar was ook baie meer stalletjies op die terrein en volgens Aggenbach is die uitstallers baie tevrede en het hulle hul doelwitte bereik.

Die terrein het dit volgens hom ook baie goed hanteer, “ten spyte van die druk wat by tye ervaar is as gevolg van die groot volumes mense en voertuie.”

Aggenbach het ten slotte die samewerking van almal wat op die terrein was, die uitstallers, die beamptes, die inwoners en die plaaslike owerhede uitgesonder as een van die faktore wat daartoe gelei het dat Nampo Kaap “ ’n uiters groot sukses” was. Selfs Nampo nasionaal en Graan Suid-Afrika het hul tevredenheid uitgespreek met dit wat in Bredasdorp gebeur het en oor die professionele wyse waarop alles hanteer is.

Alhoewel Nampo in die eerste plek die landbousektor bedien en derhalwe op landbouverwante aktiwiteite en temas fokus, was daar iets vir almal by die skou – van die asemrowende blommerangskikkings en uitstallings van medisinale en ander inheemse blom- en plantsoorte, tot by die vroueprogramme wat oor al drie dae gestrek het.

Daar was ook vyf besonder relevante “Nasie in Gesprek-sessies” wat op strategiese punte op die terrein op groot skerms uitgesaai is.

Landbouweekblad het ook vir die eerste keer “boereplanne” aangebied, waar daar vir boere ’n platform geskep is waarop hulle hul planne met hul medeboere kon deel.

. NAMPO 2019 het ook baie vir skole en diensorganisasies beteken wat die geleentheid gekry het om deur die voorbereiding en verskaffing van eetgoed, broodnodige geld in te samel ten bate van hulle onderskeie organisasies.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.