Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nico trap ver om diere te help

Die 20-jarige Nico Lombard weet wat dit is om met min in die lewe klaar te kom en wil daarom enigeen help wat nie hulself kan help nie, insluitend diere.

Die jongman van Malmesbury, wat 30 Junie 21 jaar oud word, het sy eie fietsry-welsyninisiatief, Cycle for Life, begin om fiets te ry met die doel om geld in te samel en bewusmaking te skep vir die verskillende liefdadigheid- en welsynsorganisasies wat hulp benodig.

Hy het dit self nie baie breed nie, maar het besef hy kan steeds iets doen.

“Ek het ’n fiets en het besluit om my voorliefde vir fietsry te gebruik om mense te help.”

Hy het verlede jaar vir vyf hondeskuilings op die dorp fiets getrap om kos in te samel. Die skenkings was egter maar skraps en die vyf skuilings het eenparig besluit om al die kos aan die Spokie Bully Haven te skenk.

Met die droogte in die Karoo en veral die diere wat erg swaarkry, het Nico besluit hy wil 15 Junie vanjaar – twee weke voor sy 21ste verjaarsdag – ’n fietsrit van McDonald’s Malmesbury na die Bok Radio-ateljee in Brackenfell aandurf om geld en voer in te samel vir Droogtehulp met Burre Burger, ’n organisasie sonder winsbejag wat hulp verleen aan boere in die land se droogtegeteisterde gebiede. “Ek het onlangs videos op Facebook gesien en die diere kry erg swaar. Daar was een van die springbokke wat onder ’n bossie gelê het wat my veral getref het – hierdie diere is deel van ons land. Dis my passie om diere en enigeen wat nie hulself kan help nie, te help waar ek kan.”

Nico hoop dat nog mense die rit saam met hom sal aanpak. Sy broer sal saam met hom ry terwyl sy ouers met ’n motor en waentjie agter hulle sal aanry indien mense langs die pad skenkings wil gee. Hy was reeds in kontak met Burger en hoop dat hy ná afloop van die fietstog dit self aan hom kan oorhandig. Indien nie, sal die voer wat ingesamel word met ’n vragmotor aangery word.

Mense wat geld wil skenk, word gevra om dit direk aan die Droogtehulp met Burre Burger-organisasie oor te betaal en “Cycle for Life - Nico Lombard” as verwysing te gebruik. Die rekeningbesonderhede is op die organisasie se Facebookblad “Droogtehulp met Burre Burger NPC” beskikbaar.• Besoek “Cycle For Life” op Facebook vir nog inligting.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.