Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nood nou op sy ergste

Die afbreek van die openbare toilette in Le Rouxstraat, in Robertson, het talle inwoners onthuts gelaat.

Dié toilette is verlede Vrydag, 7 September, glo sonder dat die inwoners in kennis gestel is deur die munisipaliteit afgebreek.

Inwoners sê hulle is geskok omdat hulle van niks geweet het nie. “Die een oomblik is die toilette daar en die ander oomblik is dit weg en niemand weet van niks af nie. Niemand het vir ons iets gesê nie,” het ’n inwoner van Le Rouxstraat, wat anoniem wil bly aan Gazette gesê.

“Is publieke deelname nie meer belangrik nie, of het ons nie meer ’n sê in wat in ons dorp gebeur nie. Wat gaan hulle nou met die grond maak of het hulle dit verkoop?”

“Dit was al plek waar ons verligting kon kry wanneer ons ’n nood gehad het, waarheen moet ons nou gaan? Dit was vir ons ’n baken, die toilette het vir jare hier gestaan,” het ’n ander inwoner gesê.

Inwoners voel dit skep vir hulle ’n ongerief omdat hulle gereeld die toilette gebruik het. “Hulle kan nie net die toilette afbreek sonder om vir ons te raadpleeg nie, ons het nie altyd saamgestem met hoe die toilette bestuur word nie, maar om niks te sê nie is onredelik.”

Die Langeberg-munisipaliteit het teen druktyd nie op navraag van die Breederivier Gazette reageer nie.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.