Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nou kyk ons vorentoe . . .

Die afgelope paar maande was sekerlik die deurmekaarste tydperk sedert my aardse bestaan.

Ons wêreld het oornag verander en ons moes gewoond raak aan nuwe terme en protokols – en dit, net om by ’n winkel te kon ingaan.

Ons moes leer om weer op ons eie te kan funksioneer en moes laataand kuiertjies en vinnige sloertoere vir eers op ys plaas.

Ons moes luister en moes dit doen om onsself en ander te beskerm.

Dit het nie gekom sonder opoffering nie.

Gazette het oor die afgelope paar maande berig oor nuus uit verskeie oorde en verskeie gemeenskappe in ons verskillende verspreidingsgebiede.

Ons wou vir julle nuus gee uit ander streke en unieke stories deel oor hoe ons as Suid-Afrikaners hierdie pandemie probeer klop – ongelukkig het dit ook sy tol geëis en moes ons daagliks gekonfronteer word met die nare waarheid.

Ons het gehuil, ons het gelag. Ons het gereflekteer en ons het weer ons geduld-spier geoefen. Nou kyk ons vorentoe.

Van hierdie week af sal Gazette weer as sy eie titel verskyn met plaaslike nuus uit die Langeberg-streek. Omliggende dorpe se stories sal ook vertel word en ons sal die moeite doen om sover moontlik almal se verhaal te deel.

Noudat ons in vlak twee van die inperking ronddobber, kan ons weer in klein groepe bymekaar kuier.

Dit is opvallend om te sien hoeveel motors weer op die paaie is en hoeveel mense jy nou in die dorp gewaar.

Iets wat my nogal pla, is die feit dat mense en veral kinders in die strate in groot groepe loop en dit sonder maskers.

Nou is nie die tyd om naïef te wees nie. Ons moet nie net onsself beskerm nie, maar ons siekes, ons bejaardes en die kwesbares. Kom ons doen die regte ding en dra net ’n masker. Ons syfers en statistiek lyk goed. Ons kan trots wees, maar ons kan nie op ons louere rus nie. Doen dit vir jou naaste. Doen dit vir daai persoon wat sy of haar lewe aan Covid-19 verloor het.

Saam kyk en werk ons vorentoe.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.