Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe bestuurder is gereed vir taak wat op hom wag

Die Overstrand-munisipa­liteit het Woensdag (24 Junie) gedurende ’n raadsvergadering bekend gemaak dat Dean O’Neill (51) as die nuwe munisipale bestuurder aangestel is.

O’Neill, wat van Kaap Agulhas-munisipaliteit afkomstig is en ook die munisipale bestuurder daar was, sê hy is opgewonde om die nuwe uitdaging in die Overstrand aan te gryp.

Hy het 27 ander aansoekers geklop om as die munisipale bestuurder aangestel te word.

“Dit is inderdaad vir my ’n groot voorreg om die pos as munisipale bestuurder by my gewaardeerde kollega Coenie Groenewaldt oor te neem. Die munisipaliteit en senior bestuurders is bekend aan my aange­sien ek die afgelope drie jaar deel was van die paneel wat prestasie-evalue­rings doen en daarom glo ek die aan­pas­­sing sal glad verloop. Verder is ek opgewonde om deel te wees van ’n wenspan wat die goeie bestuur van die munisipa­liteit net tot verdere hoogtes kan neem,” sê O’Neill.

“Natuurlik sal daar uitdagings wees, maar ek glo met goeie samewer­king en respek tussen die administra­sie en die raad sowel as die publiek wat ons dien, dit oorkom kan word tot voordeel van alle inwoners van die Overstrand,” voeg hy by.

Maandag het O’Neill gesê hy gaan Kaap Agulhus se mense mis. “Sommige mense het ’n manier om diep in jou hart te kruip.” Ook sal hy die omge­wing mis, “want elke omgewing het sy eie unieke aantrekkingskrag en ek sal ook die kerkgemeenskap mis”.

Hy sien egter uit na die nuwe uitda­ging. “Overstrand is reeds een van die topmunisipaliteite en die grootste uit­da­ging is behuising.” Hy vertel ook ná die onlangse betogings wil hy graag die verhouding tussen die munisipa­liteit en die gemeenskap verbeter. “Dít is een van die grootste uitdagings.” Hy meen as ’n munisipaliteit het hulle ’n verpligting om geleenthede te skep vir inwoners om met mekaar te gesels om só konflik te vermy. “Dit sal goed wees om nuwe mense te ontmoet en nuwe uitdagings aan te pak.”

Overstrand se uitvoerende burge­meester, Dudley Coetzee, sê die Overstrand-munisipaliteit sal behoorlik vir O’Neill in November verwelkom wanneer hy amptelik as die munisipale bestuurder gaan begin.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.