Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe dwelm gevaarlik

Sosialemediagebruikers was verlede week in skok toe verskillende video’s en foto’s van die uitwerking van ’n “wettige” sintetiese dwelm versprei is.

Dié dwelm staan bekend as Blazing, K2of Herbalen lyk glo soos dagga. Dit maak dié wat dit gebruik uiters kranksinnig.

Dit is volgens gerugte oor die toon­banke van tabakwinkels beskikbaar en het sedert verlede naweek 14 mense, meestal minderjariges, in ’n hospitaal laat beland.

Woordvoerder van Paarl-polisie, kapt. Louise du Plessis, sê daar is geen voor­valle in die Paarl aangemeld nie, maar volgens haar het hulle baie navrae oor bekommerde gemeenskaps­lede gekry. Sy sê die polisie het skole aangeraai om leerders teen vreemde middels te waar­sku. Sy sê kinders moet weet om nie iets te koop wat hulle nie ken nie.

In een van die video’s kan kykers sien hoe twee jong mans stuipe kry, blaasgeluide maak, kreun en onsame­hangend praat. ’n Man, vermoedelik ’n pa, hits hulle aan om regop te sit vir ingeval hulle braak. Die simptome van die dwelm sluit in: hallusinasies, braking, stuipe en geweldige vreemde gedrag.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.