Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwe inisiatief ploeg só terug

Die studente van Atvance Academy in Piketberg het ’n nuwe inisiatief om hul gemeenskap te bedien, van stapel gestuur.

Die Atvance Academy Piketberg-kampus het ’n opruimings- en voedingsprojek vir die gemeenskap gereël om op hierdie manier terug in die gemeenskap terug te ploeg. “Die sosiale siekte wat ons studente identifiseer het, is besoedeling, wat verband hou met armoede. Deur die geïdentifiseerde besoedelde gebiede skoon te maak, voel studente dat hulle die inwoners se emosionele en fisieke welstand sal opbou en hoop en ’n gehalte-omgewingstoestand sal skep,” sê Veruscka Forbes, die fasili­teerder van die projek in Piketberg.

Altesaam 45 studente van die Atvance Academy Piketberg-kampus was by die projek betrokke en dit is deel van hul praktiese ure en punte wat vir hul sake-administrasie-kursus vereis word.

Die vier lede van die studenteraad is Tevin Strauss (22), Leneshe van Rooy (18), Carmen Fortuin (26) en Melissa Le Fleur (22).

“Ons tel self die rommel op, maar ons is tans besig om sakeondernemings in die dorp te vra om kos te borg,” vertel Strauss.

Die span het op 17 Februarie hul eerste poging aangewend om die dorp skoon te maak en daarna is kos by die rugbyveld in Piketberg uitgedeel.

Die projek staar tans finansiële uitdagings in die gesig en die span reik uit na vrygewige borge vir ondersteuning.

“Ons beplan om herwinbare afval vir geld te ruil en die geld te gebruik om voedsame bestanddele vir ’n tuisgemaakte maaltyd aan te skaf, wat ons sal uitdeel aan geïdentifiseerde groepe haweloses wat onder die brug in Piketberg bly. Saam met die ete skenk en deel ons ook 200 weggooimaskers uit, wat deur ’n plaaslike onderneming geborg sal word,” het Forbes verduidelik.

Die studente moedig nie net die gemeenskap van Piketberg aan om hul projek finansieel te ondersteun nie, maar ook om daaraan deel te neem.

Die studenteraadslede voel dit is belangrik dat die inisiatief nie net tot die drie maande van hul kursus beperk word nie, maar dat dit ’n langtermynprojek moet word. “Ons omgewing speel ’n belangrike rol in terme van die gemeenskap se algehele persepsie van skoonheid. As ons omgewing skoon is, voel ons trots daarop en moedig ons mekaar aan om dit skoon te hou. Hopelik kan ons ’n groen kultuur in ons gemeenskap skep, want ons het vegters vir die omgewing nodig,” sê Strauss.

Die studente voel die totstandkoming van hierdie program kan ander werklose jong mense aanspoor om betrokke te raak en ook by die kampus aan te sluit.

Die studenteraad moedig alle werklose jong mense en selfs huidige studente aan om ’n forum of komitee te stig in voldoening van die kwessies in hul gemeenskappe, al kom hulle voor finansiële uitdagings te staan.

“Ek is bevoorreg om sulke briljante, inspirerende asook gemotiveerde studente te hê wat deel van die Atvance Academy-reis kan wees. Ek is eintlik emosioneel, trots en dankbaar vir wat hulle regkry en hul visie vir hul gemeenskap se toekoms,” sluit Forbes af.

Die projek het in Februarie begin en eindig voorlopig op 15 April. Dit sal elke tweede week van die maand vir drie maande plaasvind. Die opruimingsterrein is by Mandelapark in Piketberg en onder die brug.. Atvance Academy is ’n geakkrediteerde Suid-Afrikaanse kwalifikasie-owerheid-onderneming in Johannesburg en ’n geregistreerde opleidingsverskaffer wat hierdie opleiding sedert 2011 in verskillende provinsies aanbied.

Atvance Academy bied nou ook dieselfde dienste in die Wes-Kaap aan werklose mense tussen die ouderdom van 18 en 27.

Die twee kampusse in Porterville en Piketberg maak voorsiening vir op die meeste 700 individue wat uit ’n voorheenbenadeelde agtergrond kom, deur finansiering vir hul studies te bied.

Atvance Academy wil die jeug ophef, motiveer, ontwikkel en versterk om in ’n meer belowende toekoms betrokke te raak.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.