Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Nuwelinge klop ervare spanne

Langeberg Agtbal se potspel-liga het op 21 Februarie geweldig goed begin met talle wat die balle in afwagting op die tafels gevolg het.

Verskeie klubs berei al goed voor vir die 2021-potspeltoernooie.

Die spanne het mekaar sommer behoorlik afgetakel om vinnig punte op te bou. Die twee jongste spanne in die Langeberg, die Young Stars en die Young Killers, het mekaar behoorlik die stryd aangesê.

Young Stars het in die eerste spel begin voorloop met drie punte teenoor twee, maar Young Killers, ’n nuwe span in die liga, het skielik met ’n verrassing deurgebreek en Young Stars gou op hul neuse laat kyk.

Young Killers het sy openings­wedstryd teen Young Stars met 13 punte teenoor 12 in ’n kop-aan-kop-stryd tussen dié twee jong spanne gewen.

Imraan Eyssen van Young Stars het ’n blitsige 4/5 punte vir sy span aangeteken.

In ander wedstryde was dit weer eens die 2020-naaswenners, die Super Stars, wat sommer behoorlik sand in Killer-Beatz se oë geskop het toe hy sy teenstanders met 17 punte teenoor agt geklop het.

Bevan Michaels van Super Stars het op sy beurt 5/5 met die opening vir sy span behaal.

All Stars van Droëheuwel was reg van die begin van hul wedstryd af op die aanval en het die nuwe span, die Snipers, met 14 punte teenoor 11 kafgedraf.

Brendan Maritz het 5/5 vir sy span, die Snipers, behaal terwyl die All Stars-kaptein, Ian Moos, 4/5 punte behaal het.

Die 2020-kampioene, Hillside, het ’n loslootjie geniet.

Die organiseerder, Gerald Otto, was baie tevrede met die openingswedstryde, waar baie toeskouers hulle ondersteun het.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.