Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ongeluk eis jong lewe, vyf beseer

’n Jong man van Paarl-Oos is dood nadat die voertuig waarin hy saam met nog vyf mans gery het in ’n ongeluk was.

Die voorval het Maandag 5 Maart kort ná 17:15 op die Bo-Dalpad plaasgevind, toe die mans van Wellington na Groenheuwel onderweg was.

Lunga Xgucha (29) van Fairyland is op die toneel dood verklaar, terwyl die bestuurder van die Volkswagen Golf weens ernstige beserings per helikopter na die Tygerberg-hospitaal geneem is.

Hy is steeds in Tygerberg-hospitaal.

Nog vier van die insittendes is na Paarl-hospitaal geneem vir behandeling.

Daar was geen ooggetuies van die voorval nie.

Daar word egter vermoed dat die jong mans teen ’n hoë spoed gery het en die motor derhalwe omgekantel en binne die perseel van die plaas Mooibly op sy dak tot stilstand gekom het.

Angstige oomblikke het later op die toneel afgespeel toe lede van die oorledene asook die beseerdes se families opgedaag het. Verskeie reddingswerkers het ’n geruime tyd probeer om die insittendes uit die wrak te haal.

Xgucha was ’n algemene werker by Paardeberg. ’n Polisiewoordvoerder van Paarl, kapt. Louise du Plessis, het op haar beurt vertel dat ’n klag van manslag deur die polisie ondersoek word.

“Daar word beweer dat die bestuurder beheer oor die voertuig verloor het. Dit kon veroorsaak het dat die motor talle kere gerol het. Al die insittendes is woonagtig in Paarl-Oos,” sê sy.

Mense met inligting kan konst. Gabriel Govender by 079 894 170 bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.