Die oumense het altyd gesê ontbyt is die belangrikste maaltyd van die dag – en hulle is nie verkeerd nie.
Die Engelse benaming, breakfast, kan direk opgedeel word as break en as fast, wat beteken breek die vas.
Vas is die periode waar jou lyf vir ’n bepaalde tyd nie voedsel kry nie en dan in ’n mate van rus ingaan. Talle gebruik hierdie vas-periode vir godsdienstige redes en ander om weer gewig te verloor.
Kenners meen egter ontbyt is juis belangrik vir jou energievlakke en die vrystelling van volhoubare energie deur die dag.
Hoe dit ook al sy – ontbyt is altyd lekker in enige vorm.
Ons deel vandeesweek drie resepte vir die ontbyttafel.
SPEK-EN-MIELIE- PLAATKOEKIES
BENODIG8 snye spek, sny in stukke’n koppie fyngekapte uie1 k meel2 e gekapte vars grasuie1 t bakpoeier½ t sout1 t rooipeper½ k melk1 groot eier, geklits1 e olie1 k pit mielies½ koppie cheddar kaasWarm stroop of heuning vir oor gooi
METODE
In ’n medium pan, braai die spek totdat hulle begin om te verbruin;
Voeg die ui in en braai tot spek bros is en die ui sag is;
Skep ’n volle eetlepel van die spek-mengsel vir bolaag uit en hou eenkant;
Meng die meel, grasuie, bakpoeier, sout en peper in ’n bak;
Roer die melk, eier en olie by die spek-mengsel, mielies en kaas in;
As die mengsel te dik is, voeg ’n bietjie meer melk by om te verdun;
Smeer jou pan met olie en verhit;
Skep lepels vol en bak tot gaar – ongeveer 3-4 min afhangende van hoe dik jou plaatkoekie is;
Stapel vyf plaatkoekies op mekaar, sprinkel die spek-en-ui-mengsel en van die warm stroop oor die plaatkoekies.
ONTBYT-SOSATIES
BENODIG
1 pakkie varkworsies1 pakkie dik spek12 kersietamaties, in die helfte gesny12 sampioene, in die helfte gesny25 ml olie’n handvol tiemietakkiessout en gemaalde swartpeper12 sosatiestokkies
METODE
Druk die varkvleis uit die wors se omhulsel en rol in klein balletjies.
Sny die spek in ±2 cm stukke.
Ryg die sosatiestokkie met die bestanddele; varkworsie, kersietamaties, sampioen, spek, kersietamaties, sampioen en varkworsie.
Sprinkel met die olie en tiemie en geur goed met sout en swartpeper.
Braai oor die kole of in die oond tot gaar.
SPINASIE-, SAMPIOEN-, SPEK- EN FETA-QUICHE
KORS
240 g Koekmeel
230 g Botter
150 g Cheddarkaas
VULSEL
500g Spinasie
45 ml olie
250 g Spek
1 groot Ui
1 Knoffelhuisie
300 g SampioeneSout, peper en aromat100 g Gerasperde cheddarkaasBOLAAG3 Eiers150g Korrelerige maaskaas100 ml Melk1 wiel FetaMETODE
Meng al die bestanddele met ’n voedselverwerker totdat dit ’n deeg vorm.
Gebruik dan ’n koekpan met ’n los boom en smeer die kante en die boom met die deeg.
Laat staan in die yskas vir 15 min.
Soteer die spek, uie, sampioene en knoffel in olie tot gaar.
Kook die spinasie en voeg by die gaar spekmengsel.
Laat dit vir 5min kook.
Voeg al die speserye by.
Skep mengsel eweredig in pan. Strooi gerasperde kaas oor.
Klits al die bolaag se bestanddele behalwe die feta. Giet die mengsel oor die spinasie.
Frummel dan die feta kaas oor. Bak vir sowat 40 min in die oond by 180 °C.
Bedien warm of koud saam met gebraaide kersietamaties, of net ’n lekker mengelslaai.