Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ontsnaptes gou weer vas

Twee gevangenes wat Donderdag (25 Februarie) kort voor 12:00 uit die Medium A-tronk in Malmesbury ontsnap het, was enkele ure later terug agter tralies.

Volgens sers. Henry du Rand het die twee glo tydens ’n roetine- Covid-19- toetsing ontsnap. Ander gevangenes het die bewaarders ingelig, waarna die Malmesbury-polisie se hulp ingeroep is.

Alle nood- en veiligheidsdienste is ingespan om die twee voortvlugtiges vas te trek. Motoriste is gewaarsku om veral op hoofroetes, soos die Durbanville/Klipheuwel- en R45-Paarl-pad, waaksaam te wees en onmiddellik die polisie te bel indien hulle die verdagtes opmerk.

Die voortvlugtiges, wat verhoorafwagtend is vir onderskeidelik huisbraak en diefstal, is omstreeks 14:45 by die Malmesbury-taxistaanplek aangekeer. Hulle het Vrydag (26 Februarie) in die Malmesbury-landdroshof verskyn en word aangehou. Hulle sal binnekort weer in die hof verskyn.

Die ontsnapping volg op een in Julie verlede jaar toe 68 gevangenes uit die Medium B-tronk in Malmesbury ontsnap het. Al 68 is destyds weer gevang.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.