Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Op 69 kan sy nou rondrits na hartelus

“Jy is nooit te oud om iets te bereik of te doen nie. Ek is oud, maar nog nie koud nie”.

Só sê Emily Pekeur van Montagu nadat sy onlangs op die ouderdom van 69 haar rybewys gekry het.

Pekeur is baie opgewonde en sê sy ry deesdae oral waar sy wil wees.

Volgens haar wou sy nooit regtig bestuur nie, maar dit was noodgedwonge. “Ek het altyd gesê dit is nie vir my nie. My man het verlede jaar siek geword en hy kon nie meer bestuur nie. Hy het vir my gesê ek sal moet leer ry, want hy kan nie. My man was my inspirasie en hy het my aangemoedig,” vertel sy.

“Ek het eers gedink ek kan dit nie doen nie, want ek is dan al so oud, maar ek het toe besluit ter wille van my man móét ek dit maar doen,” voeg sy by.

Toe sy haar leerlinglisensie afgelê het, was sy baie bekommerd. “Ek het daar gesit na die toets en al die mense om my se name word uitgeroep – ek het gedink ek het gedruip. Maar toe sê die een mannetjie vir my ‘antie moenie worry nie, as jou naam nie genoem word nie het jy geslaag’. Ek was baie verlig,” skerts sy.

“Ek het die Here vertrou dat ek my rybewys sal slaag. Dit was aan die begin baie vreesaanjaend, maar ek is nou al gewoond en ek ry oral rond. Ek bly by die spoedbeperkings, as jy verby my wil kom moet jy maar verby kom, maar ek gaan nie vinniger ry nie.

“Sy het die toets soos enige ander aansoeker afgelê, daar was geen spesiale behandeling nie. Sy het deur dieselfde proses as al die ander gegaan. Ek moet sê sy het dit baie goed hanteer, sy het alles gedoen en was glad nie op haar senuwees nie,” sê Sidney de Koker, die toetsbeampte wat Pekeur.

“Ek wil vir ander vroue aanmoedig om ook hulle rybewys te doen, maak nie saak hoe oud jy is nie enigeen kan dit doen. Jy gaan jouself en die mense om jou kan help wanneer die nood daar is. Ons weet nooit wat kan gebeur nie.”

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.