Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Op moedverloor se vlakte wees

Jacques van Wyk, ’n rugbyliefhebber van Malmesbury, het voorverlede Saterdag (27 Oktober) oornag ’n sensasie geword toe ’n kameraman sy teleurstelling in die Curriebeker­eindstryd tussen die Haaie en WP op kamera vasgevang het.

Van Wyk, ’n Malmesbury-skoukomitee­lid en ywerige WP-ondersteuner, was saam met die ander WP-ondersteuners dikmond toe die Haaie dié wedstryd naelskraap met 17-12 gewen het om die gesogte trofee te wen.

Die wenspan het ná die wedstryd in ’n Facebook-inskrywing ’n foto van Van Wyk geplaas met die opskrif: “Ons soek enige inligting oor dié man op die foto. Ons wil graag vir hom ’n trui stuur om hom moed te gee.”

Hierop het Van Wyk geantwoord: “Uit liefde vir rugby sal ek ’n ou Haai-truitjie aantrek, maar ek sal hulle nooit onder­steun nie.”

Hy het Woensdag sy trui ontvang en sê: “Dit is ’n mooi trui, maar sit effens styf. Dit pas my egter nie soos my WP-trui nie.”

Hy erken die Haaie het Saterdag goed gespeel, maar sê hy sal net ’n Haai ondersteun as hy vir die Bokke speel. “Ek dink dit was die verandering van spelers vóór die Curriebekereindstryd wat bygedra het tot WP se verloor. Die Haaie het goeie voorspelers in daardie wedstryd gehad, die Du Preez-broers het baie goed gespeel. Die Haaie het voordeel uit al die foute wat WP gemaak het, getrek,” sê Van Wyk.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.