Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Operateurs kry ’n kykie na toerisme-aantreklikhede

Gedurende die eerste week van Febru­arie het altesaam 40 toeroperateurs en -gidse van Kaapstad die Overberg tot in die hartjie van L’Agulhas besoek.

Donderdagaand 6 Februarie het die span saam met plaaslike rolspelers heerlik in Struisbaai saamgekuier.

Die doel van die promosietoer was om die operateurs se aandag daarop te vestig dat die mees suidelike toerisme­bestemming in Afrika en Suid-Afrika veel meer as ’n daguitstappie is.

Salomé Adams, een van die gaste wat al vir jare lank as toeroperateur en -gids by die bedryf betrokke is, kon nie uitgepraat raak oor hierdie besoek nie. Sy het vertel dat sy Struisbaai en L’Agulhas al ’n paar keer besoek het, maar dat sy na hierdie besoek, as toeroperateur en gids, met splinternuwe oë na die streek as toerismebestemming kyk.

Sy het die besoek aan die duine landskap anderkant L’Agulhas as ’n hoogtepunt beskryf. “Ek het met ’n 4x4 op die duine gery en na die tyd saam met die ander gaste na die see gestap. Hiér het ons die Sankuns en skulp­miedens eerstehands beleef. Nog ’n hoogtepunt was die fonteine in die duine,” het sy vertel.

“As hierdie span toeroperateurs in die maande wat kom werklik daad by die woord gaan voeg en nog meer avontuurlustige besoekers na ons streek gaan bring, gaan die toerismebedryf in Kaap Agulhas binnekort nog meer rooskleurig wees,” het ’n woordvoerder van KAM gesê.

KAM se toerisme en plaaslike ekonomiese ontwikkelingspan het ook nie op hom laat wag nie en met ’n uiters positiewe vergelykende verslag wat betrekking het op die 2019-’20-vakansieseisoen gespog. Volgens die verslag is Struisbaai genoem as een van die stranddorpe in die land wat die afgelope seisoen die grootste toename in aktiwiteite ervaar het, vergeleke met November 2019. Volgens Lightstone Data Analytics (2020) het die besoekers aan Struisbaai met 358% toegeneem.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.