Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ou huis ‘dopgehou’

Die Theewaterskloof-munisipaliteit hou ’n wakende oog oor ’n polisiehuis wat die afgelope sewe jaar leeg staan.

Inwoners van Meulstraat was ongelukkig dat die huis en erf so agteruitgaan en in ’n stadium deur haweloses bewoon is.

Volgens Stiffie Cronje, woordvoerder van die Theewaterskloof-munisipaliteit, is die huis ondersoek en ’n wakende oog word gehou. Indien nog klagtes ontvang word, sal hulle weer ondersoek instel. ’n Veiligheidsmaatskappy hou ook ’n ogie op die huis. Die tuin is erg verwaarloos en inwoners in die omgewing is ongelukkig omdat Meulstraat as geskiedkundige straat bekend is en die huis hierdie prentjie bederf. Verskeie mense het reeds genoem dat hulle belangstel om die huis te koop, maar word na die departement van openbare werke verwys aan wie die huis behoort.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.