Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Ou motorolie dodelik vir alle diere

Caledon-dieresorg doen ’n beroep op die gemeenskap om nie ou vuil motorolie op hul diere te smeer nie.

“Daar is ’n mite wat die ronde doen dat motorolie op honde en perde gesmeer kan word om hulle van brandsiek te genees,” vertel Vanya Schöfmann, voorsitter van die dieresorg.

“Dis ’n wolhaarstorie, daar steek absoluut geen waarheid in nie en dit kan dodelik vir die dier en ander diere om hom wees.”

Schöfmann sê die olie blok die porieë van die vel, kan erge velallergieë en reaksie veroorsaak en kan die vel brand.

“Die dier kan ook dodelik siek raak as hy homself probeer skoon lek en van die olie inneem en ander diere kan ook siek raak as hulle aan hom lek en olie inkry.”

Schöfmann verduidelik ou vuil motorolie maak nie die gogga wat brandsiek veroorsaak dood nie. “Dit is bitter sleg en dodelik vir alle diere.”

Sy sê daar is net een ding wat die brandsiekgogga vernietig en dit is ’n inspuiting by die veearts.

“Die inspuiting maak die gogga en sy eiers dood, maar vuil motorolie veroorsaak net pyn en lyding.” . As jy vermoed jou dier is brandsiek, skakel Caledon-dieresorg by 078 109 8372.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.