Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Overberg-Agri vier 100 jaar van genade

Overberg-Agri stap al ’n lang pad saam met die landbouers van hierdie omgewing en kan danksy sy getroue ondersteuning en genade van Bo, vanjaar ’n trotse 100-jaar vier saam met die houermaatskappy, Acorn Agri & Food.

Die Caledon Boeren Koöperatiewe Vereniging is 100 jaar gelede 21 No­vem­ber 1918 gestig en die Bredasdorp Boeren Koöperasie Vereniging is 26 Januarie 1926 begin.

Hierdie sakeondernemings is onderskeidelik in 1997 en 1998 in maatskappye omskep, naamlik Caledon-Riviersonderend Landbou Beherend Bpk. (CRK) en BNK Landbou Groep Bpk. (BNK).

’n Samesmelting het in 2005 tussen BNK en CRK plaasgevind en Overberg Agri is gevorm. Overberg Agri en Acorn Agri het Woensdag 2 Mei saam­gesmelt om Acorn Agri & Food te vorm.

“Acorn Agri & Food is ’n geïnte­greerde landbou-en voedselmaatskappy met bedrywighede oor die land heen,” sê André Uys, uitvoerende hoof van Acorn Agri & Food.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.