Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Passiespel beeld lyding uit

Die NG kerk Swartland-Noord bied van Vrydag 12 tot Sondag 14 April ’n Passie­spel in die kerk aan.

Dit sal elke aand tussen 19:30 en 21:00 plaasvind.

“ ’n Passiespel is bloot ’n opvoering of toneeluitbeelding van Jesus se laaste dae en ure wat lei tot Sy kruisiging en uiteindelike opstanding. Dit word aangevul deur koorsang en deur die gehoor te betrek soos met die laaste nagmaal van Jesus en Sy dissipels. Hiérdie manier om die boodskap uit te beeld gaan baie geskik wees vir ’n jonger gehoor wat meer visueel en interaktief ingestel is. Bring dus die kinders en tieners saam,” het een van die organiseerders gesê.

Die akteurs is almal amateurs. Hulle wissel van bejaardes tot tieners. “Die span agter die skerms werk ook hard om die stel en kleredrag en selfs kos sterk te skoei op hoe dit in die Bybelse tyd gelyk het. Die produksie word baie professioneel aangebied en word aange­vul met ’n klankbaan en gehalte klank en visuele uitbeeldings met die data­projektor. Die gemeente wil graag die hele gemeenskap van Malmesbury met hierdie produksie bedien en glo mense sal aan die hart gegryp word deur hierdie manier van aanbieding van die evangelie. Die aanbieding sal by enige persoon of lid van enige kerklike denominasie aanklank vind.”

Mense wat die toneeluitvoering wil bywoon, moet plek bespreek vir die aand wat hulle wil bywoon, sodat almal ’n sitplek kan kry en niemand by die deur weggewys hoef te word nie.

Vir besprekings, bel die kerkkantoor by 022 482 1407 tussen 08:30 en 12:30 van Maandag tot Vrydag. Die Passiespel is gratis, maar daar sal wel kollekte by die deure wees om te help om die koste van die produksie te dek.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.