Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pastoor wil kerk met wengeld bou

’n Pastoor van Kaapstad het ’n kans om ’n moontlike kontantprys van R2 miljoen los te slaan, maar in plaas daarvan om dit vir luukshede aan te wend, wil hy – indien hy wen – ’n kerk in Robertson bou.

Dit sal sy droom van bykans 40 jaar bewaarheid.

Past. Edward Dreyden van Belfar kuier gereeld in Robertson en lei maandeliks kerkdienste as deel van sy bediening van die Verenigde Pinksterkerk in Robertson.

Dreyden is ’n finalis van Smile 90.4 FM se jaarlikse kompetisie wat bestem­pel word as die grootste radiokompe­tisie in Suid-Afrika.

“Ek luister elke dag na dié betrokke radiostasie terwyl ek in my kantoor werk. In Oktober het ek gehoor van hierdie kompetisie en dat ’n mens moet luister vir ’n spesifieke liedjie en dan jou naam en antwoord te SMS na die kompetisielyn. Ek het so gemaak en enkele oomblikke later ’n oproep ont­vang – nou is ek ’n finalis,” vertel hy.

Dreyden het dadelik geweet wat hy met die geld wil maak as hy die kompetisie sou wen.

“Ek is al 20 jaar by die gemeente in Robertson betrokke en weet dat hierdie gemeenskap al 40 jaar lank wag om ’n kerk op die erf wat net buite die dorp is, op te rig. Daar is al ’n fondament, maar niks anders nie,” sê hy.

Hy vertel verder dat hy dadelik die geld sal gee om die gebou op te rig om so gou as moontlik die gemeente te kan help.

“Toe ek uitvind dat ek die moontlik­heid het om R2 miljoen te wen, was ek geskok. Ek is baie opgewonde en dankbaar vir die geleentheid en hoop om die gemeenskap van Robertson daarmee op te hef,” vertel hy.

Dreyden vertel dat die gemeente ’n relatiewe arm gemeenskap bedien en dat hulle gereeld van Kaapstad reis om klere en ander donasies aan die gemeente te gee.

“As ons na Robertson reis, is dit altyd hartverskeurend om die armoede te sien. Ons neem gewoonlik klere saam om aan die plaaswerkers te gee. Hulle het regtig al die hulp nodig wat hulle kan kry en hierdie geld sal hul lewens verander,” sê Dreyden.

Smile 90.4 FM het sowat 70 finaliste wat hierdie komende naweek Saterdag 30 November bymekaar sal kom en deur middel van ’n lotery sal meeding om te sien wie die groot prys sal wen.

‘Dit is so opwindend om geskiedenis soos hierdie te kan maak en iemand ’n geleentheid te gee wat hulle (en ander) se lewens letterlik kan verander. Dit was lekker om te hoor hoe finaliste hul geld wil uitgee, baie van hulle het werklik onselfsugtige planne. Die finaliste het groot harte,” sê die programbestuurder, Naveen Singh.

Dreyden wil werklik ’n verskil in die gemeenskap maak en sal binnekort sy lot in die kompetisie weet, maar of hy die prys gaan wen of nie, hy wil steeds dáár wees vir die gemeente.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.