Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Peaberry Cafe – meer as net nog ’n koffiewinkel . . .

Sy het van ’n plek gedroom waar mense welkom kan voel en die spesiale oomblikke in die lewe met vriende en familie kan deel.

Só vertel Benitha Nel, eienaar van Peaberry Cafe, wat pas die amptelike opening van haar nuwe koffiewinkel in Malmesbury gevier het.

Terwyl talle ondernemings weens die Covid-19-pandemie gevou het, het Nel die bul by die horings gepak en deurgedruk om haar droom ’n werklikheid te maak, hoewel die opening weens die inperking effe vertraag is.

Peaberry – die naam afkomstig van ’n soort koffieboon – sou aanvanklik in dieselfde week as wat die inperking ingestel is sy deure geopen het wat Nel genoodsaak het om haar beplanning hiervolgens aan te pas.

“Definitief die grootste uitdaging was dat ons nie mag gewerk het nie. Vir die res het ons dit dag vir dag gevat.

Sy kon uiteindelik einde Mei haar koffiewinkel se deure open.

“Maar ek moet sê dit het ook nogal baie gehelp toe die sakeonderneming in fases kon oopmaak. Eers die aflewering van pizzas, toe die deli en daarna die sit- en speelplek.

“Die personeel kon geleidelik die verskillende gedeeltes van die werk onder die knie kry sonder om in die diep kant ingegooi te word.

“Ons het met elke fase een of twee personeel bygebring. Ons spyskaart was nie te groot nie, so ons kon dus aan gehalte aandag gee.

“Wat dit effe moeilik gemaak het, was dat mense ook maar aanvanklik bang was om uit te gaan. Maar ek sien definitief tans ’n neiging van dagkuiers eerder as in die aand.”

Nel sê dit was vir haar belangrik om ’n ruimte te skep waar mense welkom kan voel en “met mekaar spesiale oomblikke soos verjaarsdae, ooievaars- en kombuistee kan deel.”

Sy sê kliënte wat Peaberry besoek, kan verseker wees van goeie gehalte, bekostigbare produkte alles onder een dak.

“Ons het ’n groot speelplek vir kinders – ons volgende besending speelgoed kom eersdaags. Ons het ’n aparte vertrek waar ons kombuis- en ooievaarstee en ander geleenthede kan hou en het ook WiFi en projektors om werksessies of praatjies baie makliker te fasiliteer.”

Sy is tot dusver vol lof vir die ondersteuning van die gemeenskap.

“Die dorp se ondersteuning het vir ons tot dusver baie beteken. Ek dink die support local-veldtog is ’n sterk en nuwe neiging veral in kleiner dorpies. Dit is wat klein en medium ondernemings aan die gang hou.”

Met Vrouemaand wat onlangs in Augustus gevier is, meen Nel dit is vir haar fantasties om as vrou haar eie onderneming te kan besit.

“Ek geniet elke liewe oomblik. Dit beteken vir my opsies –vryheid, onafhanklikheid. Ons as vroue twyfel soms in onsself omdat ons bang is omdat ons nie die kans wil waag nie en ook bang is vir teleurstelling. Maar wie nie waag nie gaan nie weet nie en verseker ook nie wen nie.

“Ek glo vas dat ’n mens moet geniet wat jy doen. As korona ons enige iets geleer het, is dit dat ons vir mekaar gemaak is. Om mekaar te ondersteun. Om weer op te staan as jy geval het. Om dinge dag vir dag te vat. Om nie wasted tyd te hê nie. Om dit wat jy doen ten volle te doen en dit te geniet. En om op jou knieë te bly. Glo in jou self, jy weet waartoe jy in staat is,” vertel sy.. Besoek gerus Peaberry Cafe in Piet Retiefstraat 26, Malmesbury van Maandae tot Donderdae 08:00 tot 17:00, Vrydae en Saterdae 08:00 tot 19:30 en Sondae van 09:00 tot 14:00.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.