Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Pizza perfeksie vir Matt

Die Global Pizza Challenge is ’n uitdaging wat al sedert 2009 reg oor die wêreld opslae maak in ’n soektog na die beste pizza op die aardbol.

Matt Bronkhorst, mede-eienaar en sjef by Lord’s Guest Lodge buite McGregor, is in die kompetisie as die wenner van die Vegan/Vegetarian Pizza van die jaar bekroon.

Hy is ook die enigste wenner uit die Wes-Kaap.

Matt is einde Junie saam met sy kollegas, Pamela Qushwana en Mpolokeng Nini Kumeke, na Johannesburg om aan die gesogte kompetisie deel te neem.

“Ek het uit my nate gebars van trots toe ons aangekondig is. Ek het al deelgeneem aan die kompetisie en het die vorige twee jaar elke jaar ’n topvyf-posisie beklee, maar vanjaar uiteindelik met die louere weggestap. My vennoot, Collin, het ook vyf jaar gelede dieselfde prys in dieselfde kompetisie gewen,” vertel Matt.

Hy is gebore in Johannesburg waar hy ook later besluit het om hotelbestuur te studeer. Maar sy liefde vir kosmaak het eers behoorlik vlamgevat toe hy bykans 20 jaar gelede na die Wes-Kaap verhuis het.

Matt is al nege jaar by Lord’s Manor en vier ook nou in Julie hul negende verjaarsdag.

“Pam en Nini het ook al wonderlike prestasies in hierdie kompetisie bereik en dit is net so ’n wonderlike ervaring elke jaar,” voeg hy by.

Die wen-pizza is gemaak met gekrummelde boerekool en ’n basil-pesto en boerekoolbasis met gerookte beet, pepers en ’n verskeidenheid vegetariese kaassoorte.

“Die wonderlike ding, afgesien van al die pryse, is dat hierdie pizza binnekort op Pizza Perfect se spyskaart sal pronk en alle wins daaruit sal aan liefdadigheid geskenk word.”

Matt vertel dat sy gunsteling-pizza een is met botterskorsie en eiervrug. “Jy mis nie eens die vleis daarop nie.”

Die omstrede debat is deesdae of pynappel op pizza hoort. Matt sê: “Watter kind gaan nie ’n pizza eet as daar lekker pynappel op is nie? Dit is maar ’n keuseding. Ek is mal oor die soet-suur smaak van ’n stukkie pynappel op ’n branderige pizza,” sê hy.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.