Die 2020-matrieks het Dinsdag 23 Februarie ná lang afwagting uiteindelik hul matriekuitslae ontvang.
Skole in die streek se uitslae was as volg:. Hoërskool Swartland:
Slaagsyfer: 99,35% met 24 A-gemiddeldes en een A+ gemiddeld. Topleerder: Louis de Jager met ’n gemiddelde 91% en sewe A’s.. Wesbank Sekondêre Skool:
Slaagsyfer: 85,6%; topleerder: Nazlee Gous met ’n gemiddelde van 86% en ses onderskeidings.. Schoonspruit Sekondêr:
Slaagsyfer: 82,38%; topleerder:Jo-Stine Paulsen, wat ’n onderskeiding net-net met vier persentasiepunte gemis het.
10 vakke behaal ’n 100%-slaagsyfer.. Hoërskool Dirkie Uys:
Slaagsyfer van 100% met agt A-gemiddeldes en nog drie bo 79%. Topleerder: Danielle Kitshoff met ’n gemiddelde van 91,9%.. Hoërskool Piketberg:
Slaagsyfer: 98% met vyf A-gemiddeldes. Topleerder: Githe Vorster met ’n gemiddelde van 89,1%.. Hoërskool Porterville:
Slaagsyfer van 100% met vier A-gemiddeldes. Topleerder: Tacara du Bois met ’n gemiddelde van 89,2%.