Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Plase en werkers oes hope pryse in

Dit was nie net op die lande en wingerde waar plaaswer­kers hul harde werk kon sien nie.

Plaaswerkers, plaasbestuur­ders en plase in die Lange­berg-streek is verlede Woens­dag 5 September by die Langeberg Prestige-landbou­prys­uitdeling by die Callie de Wet-saal in Robertson vir hulle harde werk vereer.

Altesaam 12 plase het vir die 13 verskillende afdelings van die kompetisie ingeskryf en nagenoeg 200 plaaswerkers het die geleentheid bygewoon.

Die afdelings sluit in: Algemene werker; trekkerbestuurder; tegniese operateur; besproeiing­spesialis; landbouverwerking; administratiewe personeel; sosiale ontwikkeling; voorvrou/man; junior bestuur; middelbestuur; kandidaat met beste potensiaal; beste presterende plaas en landbouwerker van die jaar.

Mooiuitsig, net buite Bonnievale, het vanjaar altesaam vyf pryse – insluitend die prys vir die beste presterende plaas – ingeoes.

“Dit was baie onverwags ek is stomgeslaan, maar baie dankbaar. Dit beteken baie vir ons mense, dit is ’n aanduiding dat ons met ander plase kan meeding en dat elke werker se harde werk beloon word,” het Olivia Jonker van Mooiuitsig gesê.

“Dit is goed om erkenning te kry vir jou harde werk en ons wil die organiseerders van die pryse bedank vir die inisiatief, dit beteken regtig baie vir ons,”voeg sy by.

Jonker sê dit is die eerste keer dat hulle dié prys wen. “Ons het al voorheen ander pryse in ander afdelings gewen, maar nog nie die een nie. Ontwikkeling is baie belangrik vir ons en ons streef daarna om elke werker te ontwikkel.”

Graham Beck het soos gewoonlik ook baie goed presteer en het altesaam vier afdeling, insluitend die landbouwerker van die jaar gewen. Dié prys het aan Odile Adams, menslike hulpbronne administrateur van Graham Beck gegaan.

Adams sê dit is vir haar ’n groot eer om die prys te ontvang.

“Ek is geskok, trots en ongelooflik dankbaar. ’n Mens besef nie aldag dat jou harde werk raakgesien word nie.

“Ek doen nie wat ek doen om gesien te word nie, ek doen dit om mense te help. Maar ek moet sê om erkenning te kry, is ’n lekker gevoel,” voeg sy by.

Adams is nou betrokke by gemeenskapsontwikkeling en reël gereeld uitreikprojekte en sê sy wil baie meer mense in die toekoms bereik.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.