Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie kry wapens, ammo

Die Montagu-polisie het Woensdag 1 Augustus op ammunisie, selfgemaakte vuurwapens en vuurwapendele asook ander gevaarlike wapens beslag gelê.

Dit volg nadat AO Konrad Matthysen op inligting uit die gemeenskap gereageer het. “AO Matthysen het gedurende Julie baie goeie inligting uit die gemeenskap ontvang dat ’n man in Montagu in besit is van ammunisie, self-gemaakte vuurwapens en baie gevaarlike wapens,” het die polisiewoordvoerder sers. Suria Meyer aan Gazette gesê.

Volgens Meyer het Matthysen, lede van die Breërivier K9 Honde-eenheid en die span van die Worcester-polisie-kluster Woensdag met ’n lasbrief na die huis gegaan. “Tydens die deursoeking van die perseel het hulle op verskeie wapens beslag gelê en ’n 50-jarige man is in hegtenis geneem.”

Die verdagte het Vrydag 3 Augustus in die Montagu-landdroshof op aanklagte van besit van ammunisie sonder die nodige magtiging verskyn.

“Baie dankie aan die gemeenskap vir die goeie inligting en samewerking om misdaad hok te slaan,” het Meyer gesê.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.