Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Polisie soek vyf mans ná rooftog

Die Robertson-polisie is op soek na vyf swart mans, vermoedelik gewapen, ná ’n gewapende rooftog in Nkqubela vroeg verlede Donderdagoggend.

Luidens ’n polisieverklaring het die voorval omstreeks 07:35 in Ntonzima­straat plaasgevind. “Die twee slagoffers was besig om brood af te lewer toe die verdagtes hulle met ’n vuurwapen gedreig het,” het die polisiewoordvoerder, kol. Hendrik de Koker bevestig.

Die polisie is ontbied en met die aankoms van die polisie het die verdagtes reeds in die berge gevlug. Volgens De Koker is niemand in die voorval beseer nie.

Nog niemand is in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.

. Die polisie versoek enigiemand wat hulle kan help met die ondersoek om die ondersoekbeampte, sersant Ngqakase by 023 626 8349 te bel.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ‘n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar hierdie is nie ‘n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.