Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Potspel weer in volle gang . . .

Die Langeberg 8 Ball van Robertson moes as gevolg van die Covid-19-pandemie meeste van sy toernooie kanselleer.

Selfs die Suid-Afrikaanse Spele was afgestel, maar die Langeberg 8 Ball-potspelspelers het nie moed verloor nie. Hulle het steeds hulself vir die ligas voorberei wat in Worcester sou plaasvind en die organiseerder Gerald Otto van Lageberg 8 Ball het hulle met hul afrigting gehelp.

Hulle berei tans voor vir 2021 se Suid-Afrikaanse junior kampioenskap. Dié klub se junior-, senior- en meesterspelers sal in ’n latere stadium aan die gemeenskap bekend gemaak word. Hulle bedank ook die spelers wat uithouvermoë gehad het tydens die inperking. Hulle is nog steeds besig om hulself voor te berei vir die Sondag-ligawedstryde.

Hillside-potspelklub is nog steeds eerste op die punteleer en word gevolg deur die jong Super Stars met die kampioen van verlede jaar, Hillside Players, wat tans in die derde plek is.

All Stars-droëheuwel is in die vierde plek met Young Stars vyfde en Killer-Beatz in die sesde plek. Hierdie spanne spook nog steeds sake uit vir die topvier-spanne wat moet deurdring na die halfeindronde.

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.