Lees jou gunsteling-tydskrifte en -koerante nou alles op een plek teen slegs R99 p.m. Word 'n intekenaar
Nuus
Probleme spoedig opgelos

Die Swartland-munisipaliteit sê hy is bewus van die vele navrae en uitda­gings wat verband hou met munisipale rekeninge.

Dit volg nadat inwoners gekla het oor die onlangse hoë krag- en waterreke­ninge wat hulle ontvang het.

In ’n kennisgewing op sy webblad sê die munisipaliteit hy werk hard om alle navrae so spoedig moontlik te hanteer en af te handel.

Volgens die munisipale bestuurder, Joggie Scholtz, is ’n spesiale span aangewys om alle telefoniese navrae te hanteer.

“Alle inligting wat versamel word, sal aangeteken en aan ons dienste-afdeling deurgegee word vir opvolg. Hulle is daartoe verbind om binne 72 uur ná ontvangs van die navrae en nadat dit ondersoek is, te reageer,” lui die kennisgewing.

Scholtz sê die munisipaliteit het gedurende die streng inperking weens die Covid-19-pandemie die beginsel toegepas om die gemiddelde elektrisiteit - en waterverbruik te hef op alle reke­ninge omdat hulle wettiglik verhinder was om meters te lees.

“Gepaardgaande hiermee het perso­neel van die meterlesingsafdeling die virus opgedoen en moes vir die verpligte periode in afsondering bly.

“Heffings van gemiddeldes is gegrond op die historiese verbruik van elke indi­viduele huishouding. Dit het ’n nega­tiewe uitwerking op baie verbrui­kers gehad aangesien die werklike verbruik gedurende die inperkings­periode baie hoër is as die gemiddeldes (historiese verbruik) wat gehef was. Familielede was voor die inperking by die werk of skool gedurende die dag of met vakansie.

“Ons wil verbruikers verseker dat die regstelling van gemiddeldes en die verantwoording van die werklike lesing ’n beproefde metode is. Die heffings­skale is korrek gebruik of volgens behoefte toegedeel vir elke maand. Ons verwelkom verbruikers om hul rekeninge te bevraagteken aangesien dit ons in staat stel om elke verbruiker die individuele aandag te gee wat hul verdien,” verduidelik Scholtz.

Verbruikers wat nie dadelik hul rekening kan vereffen nie, word versoek om die munisipaliteit te skakel om ’n betalingsreëling te tref. Skakel 022 487 9400 (kantoorure).

MyStem: Het jy meer op die hart?

Stuur jou mening van 300 woorde of minder na MyStem@netwerk24.com en ons sal dit vir publikasie oorweeg. Onthou om jou naam en van, ‘n kop-en-skouers foto en jou dorp of stad in te sluit.

Ons kommentaarbeleid

Netwerk24 ondersteun ’n intelligente, oop gesprek en waardeer sinvolle bydraes deur ons lesers. Lewer hier kommentaar wat relevant is tot die onderwerp van die artikel. Jou mening is vir ons belangrik en kan verdere menings of ondersoeke stimuleer. Geldige kritiek en meningsverskille is aanvaarbaar, maar dit is nie 'n platform vir haatspraak of persoonlike aanvalle nie. Kommentaar wat irrelevant, onnodig aggressief of beledigend is, sal verwyder word. Lees ons volledige kommentaarbeleid hier.

Kontak Boland Gazette Kontak ons
Stemme

Hallo, jy moet ingeteken wees of registreer om artikels te lees.